Geverifieerde Resensie

Zululand

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Zululand bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1041 resensies.

Mtunzini, Zoeloeland

The Floral Cottage

"Ongerepte natuurskoon ... mens voel jaloers op die kameraderie tussen die mense daar!"

Hluhluwe, Zoeloeland

Ama Zulu Guesthouse & Safaris

"OK, but mainly as a port to the Nature Reserve. We did not see much of the town, so no serious review. Later it was clear that the choice of St. Lucia would have been better, because the adventure trips started there, so you could arrange direct transport i.s.o. driving for about an hour to the gate."

Sodwanabaai, Zoeloeland

Sodwana Bay Lodge House 45

"We enjoy the place. Especially if diving and fishing and 4x4 is something you love."

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

Gerda's Place

"Water is 'n probleem veral by Cape Vidal wat baie mense trek en skoonheid binne veral badkamers waarvoor betaal 'n mens dan ingaan-geld. Die res baie lekker."

Eshowe, Zoeloeland

Mpushini Falls Resort

"'n Wonderlike kulturele ervaring om meer te leer van die Zulu-kultuur. Fort Nonqwai was 'n hoogtepunt met 'n pragtige kunsmuseum asook die Dlinza-woud se Aerial Boardwalk."

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

Little Eden St Lucia

"There are lots of things to do in St Lucia. A great learning experience as well."

Sodwanabaai, Zoeloeland

Dumehlezi

"Sodwanabaai is beeldskoon, en stil in die maand van Mei, dit was net ons en die see. Nie so besig soos al die ander strande nie, en dit was netjies, die plantegroei het ons asems weggeslaan. Sal enige tyd weer gaan."

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

Kings Palace

"Pragtige plek. Rustig en ongerepte natuur was 'n belewenis op sy eie."

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

Ndiza Lodge and Cabanas

"Dit is jammer dat die monding steeds toe is. Dit is baie duidelik dat dit na al die jare 'n negatiewe effek op die ekosisteem het. Die biesies gaan nog die hele meer toegroei as die mens nie ingryp en die monding weer oopmaak nie. Dit is teleurstellend dat die dorp se water nie drinkbaar is nie. Daar is te veel spoedhobbels wat so hoog is dat dit omtrent stoptekens is. Waarom al die vreeslike hobbels? Dis sowaar 'n irriritasie en glad nie "groen" om so baie te moet stop en wegtrek nie. As daar dan jaagduiwels is moet hulle vasgevat word, hoekom moet almal nou gestraf word met die horde ongerieflike hobbels."

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

Oppi Rotse

"Sal graag in die pragtige dorpie wou bly vir altyd!"

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

St Lucia Wilds

"Die dorp is besonder skoon en alles word na omgesien. Die netjieste plek wat ek nog in Suid-Afrika gesien het. Werklik iets om te gaan sien. Hulle plaas definitief 'n hoë premie op toerisme."

Pongolapoortdam, Zoeloeland

The Guest House Pongola

"Het daar 'n draai gemaak. Lyk na ideale plek vir voëls kyk!"

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

Luxury Tented Village @ Urban Glamping

"Ons het ons uitstappie na Cape Vidal en Umfolozi baie geniet. Jammer om te sien dat die droogte ook daar so 'n groot impak op die natuur het."

Sodwanabaai, Zoeloeland

Phumulani Lodge

"Jy benodig 'n permit om met jou voertuig tot op die strand te ry. 'n Beperkte aantal word uitgereik, en gevolglik tydens hoogseisoen staan mense al douvoordag in 'n tou om die permit te bekom. Die duik- en snorkelgeleenthede is fantasties."

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

St. Lucia Safari Lodge

"Nice place for a holiday, I like it."

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

Stokkiesdraai

"Puik weens die ligging: see, natuurparke, warm seewater. En meestal Afrikaans!"

Sodwanabaai, Zoeloeland

Phumulani Lodge

"Sodwana is een van ons gunsteling plekke om vakansie by te gaan hou, die water is so mooi skoon en warm, die feit dat jy enige plek kan swem sorg vir genoeg spasie vir almal en die bosse om mens laat dit voel of jy die best of both worlds kry as jy soontoe gaan. Baie ontspannend en lekker. Doen beslis jou duikkursus as jy gaan, dis baie mooi daar onder. Maak ook 'n draai by Hluhluwe Game Reserve op 'n bewolkte dag. 'n Rhino Card is 'n MOET as jy Sodwana toe gaan - dit spaar jou baie geld. En as jy Hluhluwe Game Reserve toe gaan, maak seker jy vat dit saam anders is dit duur om in te gaan vir die dag. Die klomp karwagte is 'n pes, en maak jouself reg vir hulle om jou te storm elke keer as jy parkeer maar maak maar net vrede dat jy met dit gaan sit en wees ferm met hulle dat jy net een gaan tip. Sodra jy strand toe gaan is dit weer vergete. Die tou om by die strand uit te kom kan lank wees in besige tye maar niks te erg nie, die paar negatiewe goedjies is nie genoeg om alles wat lekker van die plek is te top nie. As jy met 'n 4x4 gaan moet mens defnitief bietjie gaan explore en 'n dag by Lake Sibaya gaan spandeer. Daar is soveel om te doen wat mens bietjie tyd in die natuur spandeer."

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

Ingwenya Lodge

"Sal dit aanbeveel vir almal."

Eshowe, Zoeloeland

Chase Guest House

"Klein dorpie, alles is te koop."

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

Oppi Rotse

"'n Lekker rustige plekkie om te gaan rus."

Sodwanabaai, Zoeloeland

Mseni Beach Lodge

"Great place to visit."

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

Oppi Rotse

"Lieflike plantegroei. Pragtige dorpie. Net jammer van die baie mere wat nie water het nie weens droogte."

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

Stokkiesdraai

"Ons het elke dag na Cape Vidol gery. Lekker."

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

St Lucia Wilds

"Just asking to keep the place clean. Saw lots of rubbish lying around."

St. Lucia-riviermonding, Zoeloeland

Luwandla No 15

"St Lucia is 'n goeie plekkie om met jou gesin te kuier, dis net bietjie duur ."

Blad
Blad 33 - Wys 961 tot 990
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang