Verified Reviews
Zululand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Zululand
Rated 4.4 out of 5 based on 1041 reviews.
"As we came from the Kruger Park where we saw the big 5 we actually were looking for something else - we did get that partly but maybe we were spoiled. Still we enjoyed it very much and would certainly recommend Bonamanzi."
"Ons was baie gelukkig om die bosloerie (Nerina Trogon) daar te sien! Wat 'n pragtige voël. "
"Die dorpie het vir ons baie agteruit gegaan vanaf ons 2 jaar terug daar deur gery het, die paaie is in slegte toestand. Baie trokke op die pad, maar dit is maar ongelukkig deel van ons lewe deesdae, meer trokke en minder treine. Verder baie mooi area, bid vir reën vir hulle want dit is baie droog."
"Baie lekker weer en area om maklik vir drie weke weg te breek. Baie om te sien en doen. Cape Vidal is net 'n klipgooi ver, asook iSimangaliso."
"Die dorpie het 'n eg Afrika-atmosfeer. Die dam was egter net 27% vol. Langs die pad stilgehou vir foto's. Pragtige panoramas. Ons wil beslis weer Rosegarden en Pongolapoortdam besoek na die reënseisoen. Dit was 'n besonderse ervaring !"
"They must add transport for those from town like Uber or Taxify."
"Hulle mark is meer gemik op oorsese toeriste. Party van die pryse is bietjie oordadig. Cape Vidal en iSimangaliso park is 'n lekker uitstappie. "
"Dis 'n lekker stil plekkie, maar daar is heelwat om te doen, die eetplekke is baie lekker, veral vir mense wat hulle eie ding wil doen of visvang."
"Ons is ou besoekers aan St Lucia. Hoe lank gaan die monding nog toe wees? Elke jaar sien mens hoe die ekosisteem agteruitgaan vandat die sand nie meer uit die monding gepomp word na Demoina se skade in 1984 nie. As mens na oorde binne in die Isimangelo weiland soos Sobhengu, ens. gaan kan mens sien die meer het so laag gesak dat daar 'n groot probleem sluimer. Daar is nie meer vir die toeris vis te vang nie. Daar is wel skelm nette in die meer. Grunters word daagliks op groot skaal gemeet en aan verskaffers in Durban, ens. verkoop. Ek dink regtig die monding moet weer meganies oopgehou word om die sisteem in die meer te red en die visse ens te laat inkom en uitgaan soos dit was."
"St Lucia is die perfekte bestemming vir natuur, visvang, rustigheid en asem skep!"