235 on Tenth
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10de Straat 235, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R3 300 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
235 on Tenth bied 'n uitstekende berguitig en bied gerieflike en ontspannende vakansieverblyf. Die huis is ideaal vir 'n gesin met kinders en bied maklike toegang tot die strand en staproetes in die berge. Daar is ook 'n grasperk waar kinders bal kan speel.
Die bekoorlike dubbelverdieping-meenthuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 smaakvol gemeubileerde slaapkamers op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Gaste in hierdie drie slaapkamers deel 'n badkamer op die boonste verdieping met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede badkamer is op die onderste verdieping en het 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die luukse oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea word omring deur 'n onderdakstoep. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die leefarea bied gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is regdeur die huis beskikbaar. Daar is ook 'n draagbare gasverwarmer. 'n Rugsteunkragstelsel is vir WiFi, TV en beurtkrag beskikbaar.
Die sitarea lei na 'n stoep met buitemeubels en 'n uitsig oor die groen landskap en grasperk waar kinders kan rondhardloop. Gaste kan ook op die boonste verdieping op die privaat balkon ontspan en kyk hoe die son agter die berge sak.
Hierdie juweel van 'n huis is net 'n kort entjie se stap vanaf Grotto- en Voëlklip-strand waar walvisse te siene is vanaf Julie tot Desember. Dit is ook net 'n kort entjie se ry vanaf Hermanus se middedorp waar daar kultuur, kookkuns en die bekende kranspaadjies is. Gaste kan die berge of die see besoek of op 'n daguitstappie na die pragtige Hemel-en-Aarde-vallei gaan waar van die land se beste wyne op die proef gestel kan word.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Corné Geverifieer
Eiendomme 48
Resensies 24
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 10de Straat 235, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink 235 on Tenth het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 10de Straat 235, Hermanus, 7200, Wes-Kaap