9 gaste
5 slaapkamers
7 beds
3 badkamers
- 9 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 18:00 - 89 Theewaterskloof Golf Estate, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
3 Sisters Holiday House by Theewaterskloof Country Estate is 'n vier en 'n half-slaapkamerhuis op die private Theewaterskloof-gholflandgoed, net 9 km buite Villiersdorp en bied baie gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n rustige omgewing.
Die huis bestaan het 4 dubbelslaapkamers en 1 enkelslaapkamer, 'n oopplan-sitkamer en -eetkamer en 'n kombuisie. Die sitkamer is toegerus met genoeg sitplek en die eetkamer het sitplek vir 10 gaste om die eetkamertafel. 'n TV met 'n DVD-speler en DStv word voorsien, gaste moet net hul eie slimkaart saambring. Gaste het ook toegang tot die tuin met 'n sitarea buite by die swembad en braaigeriewe. Let asseblief daarop dat die swembad se seil net vir blare is en dus nie 'n voldoende veiligheidseil is nie. Dit is ouers se verantwoordelikheid om na hulle kinders se veiligheid om te sien.
Theewaterskloof Country Estate is 'n privaat en stil dorpie met 24-uur-toegangbeheer, 'n gholfbaan met 9 putjies, tennisbane, 'n swembad, klubhuis en 'n kroeg. Besoekers aan die landgoed het ook toegang tot 'n strand van 3,5 km lank. Die landgoed kyk oor 'n meer uit en bied 'n ongeëwenaarde leefstyl met die mooiste uitsig op die Franschhoekberge. Gaste kan in die natuur gaan wandel en voëlkyk. Theewaterskloof Country Estate is aan die oostelike oewer van die Theewaterskloofdam geleë waar gaste kan visvang en aan verskeie watersporte kan deelneem.
Villiersdorp is nabygeleë en bied aan gaste die noodsaaklike fasiliteite soos dokters, banke, winkelsentrums, 'n apteek en restaurante.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Thomas Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 89 Theewaterskloof Golf Estate, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
- Gaste dink 3 Sisters Holiday House - Theewaterskloof Estate het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
89 Theewaterskloof Golf Estate, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
Sien kaart- 9 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 18:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang