6 gaste
3 slaapkamers
5 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Facebook
- 27 Illovo Beach Road, Illovo Beach, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
51 La Mer is 'n selfsorgwoonstel met 'n uitsig oor die riviermonding, kuslyn en see en skuil op die tropiese Ooskus van KwaZulu-Natal. Die stil, ongerepte kusdorpie, Illovo Beach, is net 30 km suid van Durban af en spog met soel weer regdeur die jaar en die Indiese Oseaan se warm, tropiese waters.
Die woonstel is op die tweede verdieping en het slaapplek vir 6 gaste. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. In die tweede en derde slaapkamers is 2 enkelbeddens in elk. Die enkelbeddens in een van die kamers kan op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep word. Daar is 'n stort en 'n bad in die badkamer wat gedeel word.
Die ruim selfsorgkombuis het 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel. Die hoofslaapkamer en sitkamer lei direk na 'n terras met 'n 120°-uitsig oor die see, kuslyn en riviermonding. Daar is ook stoepmeubels en 'n gasbraai op die terras.
Die La Mer-kompleks word goed onderhou en het welige tuine, 'n sprankelende swembad, kinderswembad, braaigeriewe en 'n klubhuis. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit, onderdakparkeerplek vir 1 voertuig, en oorgenoeg oop parkeerplek vir besoekers. Die hoofpad langs die kus is nie van hier af sigbaar of hoorbaar nie, en tog is dit net 10 minute se ry en bied toegang tot van Suid-Afrika se beste wildparke, duikplekke, natuurreservate, gholfbane en ander besienswaardighede langs die kus.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Burger Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 60
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- 27 Illovo Beach Road, Illovo Beach, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 51 La Mer het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
27 Illovo Beach Road, Illovo Beach, Kingsburgh, 4126, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang