51 La Mer

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

51 La Mer is 'n selfsorgwoonstel wat uitkyk oor die riviermond, kuslyn en see. Dis aan die tropiese ooskus van KwaZulu-Natal geleë. Die stil, ongerepte kusdorpie Illovo Beach is net 30 km suid vanaf Durban en spog met soel weer regdeur die jaar en die Indiese Oseaan se warm, tropiese waters.

Die woonstel is op die tweede verdieping en het slaapplek vir 6 gaste. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Saam met die sitkamer het die hoofslaapkamer ook direkte toegang tot 'n terras met: 'n 120°-uitsig oor die see, riviermonding en kuslyn. buitemeubels en 'n gasbraaier. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die enkelbeddens in een van die kamers kan in 'n koninggrootte-bed omskep word op versoek.

Die ruim selfsorgkombuis het 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel. Die hoofslaapkamer en sitkamer lei direk na 'n breë terras met 'n 120°-uitsig oor die see, kuslyn en riviermonding. Daar is ook stoepmeubels en 'n gasbraai op die terras.

Die La Mer-kompleks word goed onderhou en beskik oor welige tuine, 'n sprankelende swembad, kinderswembad, braaigeriewe en 'n klubhuis. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit, onderdakparkeerplek vir 1 voertuig, en oorgenoeg oop parkeerplek vir besoekers. Die hoofpad langs die kus is nie van hier af sig- of hoorbaar nie, en tog net 10 minute se ry ver om gerieflike toegang te bied tot van Suid-Afrika se beste wildparke, duikplekke, natuurreservate, gholfbane en ander besienswaardighede langs die kus.

Slaapplek

'n Bespreking by 51 La Mer sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 51 La Mer gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 995 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false