+25
Selfsorg in Stormsrivier

52 Eersterivier

10 gaste

5 slaapkamers

6 beds

2 badkamers

  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Eersterivier Road, Eersterivierstrand, 6303, Oos-Kaap Sien kaart

Beskrywing

52 Eersterivier is 'n selfsorgvakansiehuis in die kusdorpie Eersterivierstrand in die Tsitsikammastreek. Die huis bied 'n lieflike uitsig oor die see en is naby die strand geleë.

Die dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 3 slaapkamers op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed. Die gaste in die slaapkamers op die boonste verdieping deel 'n badkamer met 'n stort. Daar is 2 slaapkamers op die onderste verdieping. Die eerste een het 2 enkelbeddens en die ander een het 'n dubbelbed. Gaste in dié 2 slaapkamers deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het.

Die boonste kombuis is met 'n gasstoof en -oond, 'n yskas en 'n mikrogolfoond toegerus. Die onderste kombuis is met 'n yskas-vrieskas, diepvrieskas, mikrogolfoond, oond en 'n stoof toegerus. Die leefarea lei na 'n dek met sitplek, bankies, ingeboude braaigeriewe en 'n pragtige see-uitsig.

Eersterivierstrand bied 'n paar rotspoele wat ideaal is vir snorkel en daar is ook 'n rits fynbospaadjies wat verken kan word. Geen troeteldiere word toegelaat nie.


Dít is wat jy hier sal kry

TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Alida D
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker, gemaklik, rustig, ontspannend. Ons het vreeslik baie lekker gebly. Baie lekker ontspannend vir ons almal gewees. Die huis was toegerus met kom...
Sien meer
Mei 2025
Shandre B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik rustig. Heerlike groot familiehuis. Alles wat jy kan benodig is daar, let wel daarop dat die naaste winkel 'n ent se ry weg is. Alles was silw...
Sien meer
Mrt 2024
Francisca B
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing and enjoying. We had a great time, relaxing with a wonderful view of the beach.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024
Celeste F
Saam met vriende
4.2
Mooi ligging, maar die reuk sit mens af. Die huis ruik nie lekker nie. Ek dink dit is maar soos 'n muf reuk. Ons het nie eers kans gesien om ons klere...
Sien meer
Nov 2025
Theresa P
4.0
The view was beautiful. 52 Eerterivier offers spacious living and a good location. The bottom section had a musty smell. Not very comfo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Penny Geverifieer

Eiendomme 13

Resensies 186

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Eersterivier Road, Eersterivierstrand, 6303, Oos-Kaap
  • Gaste dink 52 Eersterivier het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 500
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 500
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 5 500
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Eersterivier Road, Eersterivierstrand, 6303, Oos-Kaap

Sien kaart
  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Instagram
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA92210cbda3b7fff87d46a15880a5c01e5f906436d421092f0a08cdf59bb7a7a764d265d32a012c17a6b472ec42cb730b5f0c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 500 per nag, vir 10 mense 14 5 1 5 Eersterivier Road Eersterivierstrand 6303 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.070071 24.21594

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang