59 Mark Street
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Markstraat 59, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 640 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
59 Mark Street is 'n semi-losstaande selfsorgkothuis in Prins Albert. Dié unieke, snoesige kothuis skuil in die middedorp, so dit is loopafstand van alles af.
59 Mark Street is 'n pragtige 150 jaar oue kothuis wat nog spog met sy oorspronklike deure, plafonne en Oregon-vloere. Die rietplafonne sorg dat dit lekker koel bly gedurende die somer.
Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers, en daar is 'n volledige badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer.
Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskas, ketel, broodrooster en mikrogolf. Daar is ook 'n eetkamertafel en 4 stoele. Die voorstoep bied 'n uitsig op die pragtige ou kerk en daar is 'n braaiplek agter die huis.
Bespreek gerus 57 Mark Street en 59 Mark Street saam as jy op soek is na verblyf vir 10 mense. Doen gerus navraag by jou agent.
Kom geniet hierdie gerieflike, ruim, egte Karookothuis.
Slaapplek
’n Bespreking by 59 Mark Street sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Yolande Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 23
Jare op LekkeSlaap 7
Ligging
- Markstraat 59, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
- Gaste dink 59 Mark Street het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Prins Albert Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Markstraat 59, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom