+18

10 gaste

3 slaapkamers

5 beddens

2 badkamers

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 9 Klipvis Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

9 Klipvis is 'n knus selfsorg-eenheid in die kusdorpie Struisbaai in die Overbergstreek en is ideaal vir 'n gesinsvakansie aangesien dit naby die strand is.

Die huis bied slaapplek aan 10 gaste (6 volwassenes en 4 kinders) en beskik oor 3 slaapkamers en 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede en die derde slaapkamers elk 'n dubbelbed en 'n stapelbed het. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie handdoeke saambring.

Die hoofleefarea het 'n oopplan-uitleg met 'n kombuis en 'n sitkamer met 'n ingeboude braai. Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met sotele. Die sitarea het gemaklike sitplek, asook 'n TV-stroomboks, maar gaste moet asb van hulle eie data gebruik maak. Die huis bied toegang tot 'n onderdakstoep met buitesitplek en 'n draagbare braai.

Gaste kry veilige parkeerplek en die tuin is omhein wat dit ideaal maak vir troeteldiere.


Kamer-opset

Slaapkamer

4

1 x Dubbelbed

1 x Kinderstapelbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

1 x Dubbelbed

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Ferdie D
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het so lekker gekuier en sal dit graag in die toekoms weer wil gebruik. Die omheinde erf met grasperk was baie geskik vir ons skaaphond.
Feb 2026
Rochelle J
Gesin met klein kinders
5.0
Ons kom vir seker weer! 9 Klipvis is alles wat mens nodig het vir 'n heerlike Struisbaai-vakansie. Die huis is goed ingerig en gerieflik naby aan nodi...
Sien meer
Nov 2025
Jan & Elsabé L
Saam met lewensmaat
5.0
Ons kuier geniet, volledig toegeruste huis. Lekker gekuier, het net gesukkel met blindings wat nie kon op of af beweeg nie.
Sep 2025
Annemarie D
4.8
Was saam met my broer en sy gesin daar. Ons het heerlik saam gekuie. Ons het vreeslik lekker gebly. Was so lekker om ons Woefkinders te kon saamneem e...
Sien meer
Mrt 2025
Roland W
Saam met lewensmaat
4.6
Comfortable and quiet. No frills, comfortable and quiet. We had a very pleasant stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Louise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 9 Klipvis Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink 9 Klipvis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 500
per nag (plek vir 6)
Bespreek

9 Klipvis Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf9e6161b94f3092b461e8ecc2f61768dd45b0a6e51aa23031b7b09d2a92c6246e72d91c689fa43a609d0ae6549e6ee8e4bda?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 6 mense 15 5 1 5 9 Klipvis Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.8076466 20.0526199

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang