AC606 Strand @ 76
- Kapasiteit: 9 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandstraat 76, Swakopmund, 0000, Erongo
- Vanaf R3 876 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
AC606 Strand @ 76 is 'n vakansiehuis in Swakopmund. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of 'n groep vriende wat op soek is na ruim verblyf om lekker te ontspan en om aktiwiteite in die omgewing te geniet.
Hierdie vakansiehuis bied slaapplek aan 9 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die woonstel op die onderste verdieping se hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens, asook 'n en suite-badkamer met net 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Beide die derde en vierde slaapkamers is op die boonste verdieping.
Daar is 'n kombuis op die onderste en die boonste verdieping en albei kombuise is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Beide leefareas het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv. Die stoep op die dak het meubels en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Christine Geverifieer
Eiendomme 23
Resensies 65
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Strandstraat 76, Swakopmund, 0000, Erongo
Sien meer verblyf in Center Vineta Swakopmund Erongo Namibië
- Kapasiteit: 9 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandstraat 76, Swakopmund, 0000, Erongo