African Spirit Game Lodge
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 5, Mkuze-Wes Plaas, Zululand Renosterreservaat 14403, Mkuze, 3965, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
African Spirit Game Lodge is in die Manyoni Privaat Wildreservaat in KwaZulu-Natal geleë. Dit het die Lebombo-bergreeks as agtergrond en is net 12 km van Mkuze af. Kom ervaar ware luuksheid en hartlike Afrika-gasvryheid hier by ons!
Verblyf by die lodge is intiem en word aangebied in 4 bekoorlike chalets wat skoongemaak word tydens jou verblyf. Elke gerieflike en stylvolle chalet het slaapplek vir 2 gaste met 'n en suite-badkamer, lugversorging, 'n plafonwaaier, 'n yskassie met voorraad en tee- en koffiemaakgeriewe. Let asb. daarop dat ons nie TV's in die kamers voorsien nie. Aandete, ontbyt een 1 wildrit is by die prys ingesluit.
Die lodge se selfsorg-eenhede het onderskeidelik slaapplek vir 6 en 4 persone. Hulle is toegerus met oopplan-kombuise wat elk beskik oor 'n stoof, mikrogolfoond en yskas-vrieskas. Linne, beddegoed, badhanddoeke, kooktoerusting, breekware en 'n redelike hoeveelheid kaggelhout word voorsien. Etes word nie in die selfsorg-eenhede voorsien nie. Gaste moet asb. hul eie eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Maaltye word nie voorsien vir hierdie opsie nie. Gaste moet hul eie maaltye voorsien en voorberei. Maaltye word nie voorsien by die restaurante aan gaste wat selfsorgverblyf verkies nie en 'n wildrit is nie ingesluit nie.
Die paadjies is goed belig en skakel die chalets aan die hoof-lodge. Die hoof-lodge het 'n gerieflike en ontspanne eetkamer, 'n knus sitkamer, 'n kroeg, oop kaggel geheg aan die lodge en 'n swembad met 'n grasdak-gazebo. Ons bied waarlik 'n welkome toevlugsoord na 'n dag in die Afrika-bosveld.
Die etes wat ons voorsien is tipies Suid-Afrikaans wat beteken dat jy nooit honger sal wees nie en elke happie sal geniet wat so sorgvuldig deur ons sjefs voorberei word. Gaste kan bietjie ontspan in hul eie privaatheid of deelneem aan enige van die doendinge in die omgewing, vir hul eie rekening.
Ons bied 'n oggend- en middag-wildrit wat jou sal toelaat om baie na aan Afrika se wild te kom, in 'n oop voertuig met 'n opgeleide gids. Die gids verseker nie net jou veiligheid nie, maar maak ook seker dat jou wild-ervaring onvergeetlik is. Wildritte met jou eie voertuig word nie toegelaat nie.
Manyoni Privaat Wildplaas is 'n bewarea van 24 000 hektaar vir bedreigde spesies. Dit is onlangs as natuurreservaat verklaar en het internasionale erkenning verwerf na dit 28 swartrenosters in 2005 ingebring het. Dié Groot 5-reservaat beskik oor meer as 70 soogdierspesies insluitend: olifant, leeu, wit- en swartrenoster, buffel, luiperd, wildehond, gevlekte hiëna, strandwolf, jagluiperd, vaalboskat, rooikat, rooijakkals, kameelperd, sebra, blouwildebees, njala, rooibok, rietbok, vlakvark, waterbok, bosvark, rooi- en gewone duikers, steenbok, bosbok, rooiribbok, volstruis, rooihartebees en meer as 450 voëlspesies.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Liezle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Erfdeel 5, Mkuze-Wes Plaas, Zululand Renosterreservaat 14403, Mkuze, 3965, KwaZulu-Natal
- Gaste dink African Spirit Game Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Mkuze Jozini Zoeloeland KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 5, Mkuze-Wes Plaas, Zululand Renosterreservaat 14403, Mkuze, 3965, KwaZulu-Natal