10 gaste
4 slaapkamers
5 beds
3 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Rooiklippies Street, Breedezicht Estate, Witsand, 6666, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
AlteMooi bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde vierslaapkamerhuis op die Breedezicht Landgoed in die kusdorp Witsand. Gaste kan die lieflike panoramiese uitsig oor die Breederiviermond vanaf byna elke kamer in die huis geniet.
Hierdie dubbelverdiepinghuis het 3 slaapkamers bo waarvan 1 en suite is. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 dubbelstapelbeddens. Daar is 'n groot tweede badkamer met 'n bad, wasbak en 'n stort. Al 3 kamers lei na 'n balkon wat suid front en dit is ideaal vir skemerkelkies, koffie in die oggend, om te ontspan, sonba of lees.
Onder is daar 'n ruim leefarea met 'n kroegarea en ingeboude braaigeriewe, asook 'n aparte eetkamer. Die oopplan-kombuis het 'n opwaskamer en is toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, elektriese oond, dubbeldeurvrieskas en 'n mikrogolf.
Die vierde slaapkamer is op die grondverdieping en het 'n dubbelbed en 'n gastebadkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die huis het 'n volledig omheinde agtertuin en 'n skitterende, blou swembad. Daar is genoeg parkeerplek. Die motorhuis is slegs beskikbaar aan gaste wat vir 10 dae of meer bespreek.
Die landgoed het 'n speelarea met swaaie en klimrame vir kinders. Die huis is geskik vir 6 volwassenes en 4 kinders.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Anthea Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 143
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Rooiklippies Street, Breedezicht Estate, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Gaste dink AlteMooi het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Rooiklippies Street, Breedezicht Estate, Witsand, 6666, Wes-Kaap
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang