+14
Selfsorg in Agulhas

At Patat Cottage

4 gaste

2 slaapkamers

3 beddens

2 badkamers

  • Slaapplek vir 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Sophia Close, Langezandt Fishermans Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

At Patat Cottage is in die Langezandt Fisherman's Village in Struisbaai naby Kaap Agulhas geleë, wat 'n rustige rit van sowat 2 ure van Kaapstad af, deur die skilderagtige Overberg-streek, is.

At Patat Cottage bied slaapplek vir 4 gaste. Daar is 2 slaapkamers in die kothuis, waarvan een oor 'n koningingrootte-bed beskik en die tweede slaapkamer oor 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die kothuis bestaan uit 'n knus leefarea met 'n kaggel sowel as 'n gesellige kombuis vir lang, luilekker maaltye na 'n dag by die strand. At Patat Cottage is volledig toegerus vir selfsorg-doeleindes met 'n mikrogolf, oond en stoofplaat, ketel, koffiemasjien, broodrooster, yskas-vrieskas, potte, panne, breekware, eetgerei en ander toebehore. Daar is ook 'n wasmasjien vir ekstra gerief!

Alle beddegoed word voorsien. Gaste moet asb. hul eie strand- en badhanddoeke saambring. Elektriese komberse is op versoek beskikbaar. Daar is ook 'n buitestort met warm en koue water wat perfek is om sanderinge voete mee af te spoel. Die stoep-area het 'n ingeboude braai en 'n eetkamertafel.

Dis die ideale omgewing vir voetslaan en die voëls, skoenlappers, skilpaaie en steenbokkies bied baie vir die oog. Langezandt Fisherman's Village is naby Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika, geleë. Die bekende rooi-en-wit vuurtoring hier is nou al 'n nasionale monument. Gaste wat Struisbaai besoek, sal nie spyt wees nie. Kyk hoe die bote inkom en koop sommer vars vis vir aandete.


Kamer-opset

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Stort-oor-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Kaggel
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 97 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Desiré W
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, veilig, naby aan die see & hawe, neem jou kos en klere & gaan geniet jouself. Ons het verskriklik lekker gebly, en sal definitief aanbeveel - ...
Sien meer
Feb 2026
Adele K
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely cottage and Madeliene was great. Loved it, cute cottage and nice estate.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2025
Ian K
Gesin met klein kinders
5.0
Will recommend to friends. Excellent accommodation. Highly recommended for a family.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Chris S
Saam met vriende
4.8
A brilliant place to stay in Struisbaai. Excellent stay - clean and very comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Linet C
3.8
Lekker gekuier ondanks die paar foutjies. Baie lekker, net te veel breekware, ens. Skottelgoedwasser en tuimeldroër word aanbeveel. Die huisie was nie...
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Madeleine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 97

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Sophia Close, Langezandt Fishermans Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink At Patat Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 550
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 550
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Sophia Close, Langezandt Fishermans Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb2ce217384c38d2ffcc2122b107242f7fd0e2eb19e0c4f2a951883cf65b65085fa032bfdee5b08b0f8ac98d15b2183e84359?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4) 97 5 1 5 Sophia Close Langezandt Fishermans Village 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 11:00 -34.790320491539 20.042013015666

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang