5 gaste
2 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 5 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - 102A Compensation Beach Road, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Ballito Manor View 302 is 'n pragtige vakansiewoonstel in 'n veilige strandfront-kompleks in Willard-strand, Ballito. Dié prentjiemooi dorpie is die ideale bestemming vir gaste wat op soek is na 'n kuswegbreek en lang strande.
Dié tweeslaapkamerwoonstel is geskik vir 4 volwassenes met 2 of 3 kinders, is smaakvol versier en het 'n ruim balkon. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Ekstra kampbed, bababed en matras is beskikbaar. Die slaapkamers het albei 'n en suite-badkamer en 'n aparte gastetoilet is ook beskikbaar. Onbeperkte WiFi is beskikbaar. Daar is nie 'n dekodeerder nie. Gaste moet hulle eie beddegoed en linne saambring vir die bababedjie, die kinderbedjie en die ekstra matras.
Albei slaapkamers het 'n en suite-badkamer en daar is 'n aparte gastetoilet. Onbeperkte WiFi is beskikbaar. Daar is 'n slim-TV en gaste moet hul eie DStv- en Netflix-aanmeldbesonderhede saambring. Gaste in die eenheid kan die gemeenskaplike braai-area gebruik. Daar is 2 Dyson-verkoelers in die woonstel, en geen lugversorging nie.
Die daaglikse skoonmaakdiens sluit nie skottelgoedwas in nie. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en kookgerei. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die sitkamer lei na 'n groot balkon.
Kelderparkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar.
Doendinge in die omgewing sluit swem, die seelewe by die rotspoele verken, kajakroei, branderry, branderplankry, bootvaart en sonbaai in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 42
Resensies 579
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 102A Compensation Beach Road, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ballito Manor View 302 het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
102A Compensation Beach Road, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 5 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang