8 gaste
4 slaapkamers
5 beds
3 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - 4 Point Village Road, Point Village, Mossel Bay, 6530, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Barefoot Lodge is 'n selfsorg-strandhuis in die gewilde Point Village onder by Die Punt in Mosselbaai. Dié klein hawe-dorp is op die Tuinroete geleë en is 'n belangrike toeriste-gebied, bekend vir sy stewelvormige Poskantoor, die Garden Route Kasino, 60 km se goue strande en verskeie natuurlike, kulturele en historiese besienswaardighede.
Dié huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, waarvan 2 en suite-badkamers het. Daar is 2 dubbelkamers, 1 2-enkelbedkamer en 'n kamer met 'n stapelbed. Linne en handdoeke word voorsien. Een van die dubbelkamers het 'n oopplan-stort, terwyl die kamer met die stapelbed 'n en suite-bad het. Die derde badkamer, wat gedeel word, het 'n stort en 'n bad.
Die huis beskik oor 'n oopplan-kombuis, waskamer, sitkamer en 'n eetarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en ''n skottelgoedwasser. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met 6 stoeltjies. Die waskamer beskik oor 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 5 gaste, terwyl die sitkamer gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv het. WiFi is ook beskikbaar.
Die huis het binne-braaigeriewe in die sitkamer en bied toegang tot 'n groot dek met buite-braaigeriewe en 'n pragtige uitsig. Die perseel het parkeerplek vir 2 motors en is naby die see, restaurante en 'n supermark.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Anandi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 4 Point Village Road, Point Village, Mossel Bay, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Barefoot Lodge het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
4 Point Village Road, Point Village, Mossel Bay, 6530, Wes-Kaap
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang