Nice area, the unit does need a little attention.
We had a nice stay at Between Tides, but there were a few things that bothered us about the unit we stayed in. 1. They weren't expecting us - I extended our stay, but it wasn't reflected in their system. We had to wait two hours for our unit to be cleaned and to receive the keys. 2. The unit wasn't very clean - We found cockroaches in our unit three times, crumbs on our kitchen unit, stains on our bedding and the sofas also had a smell. 3. No provision is made for a little person - We indicated that we were coming with our 6 year old daughter, there was no bedding for her, nor a towel. Her sleeping options were also very limited, a pull-out couch that was already tired and broken. Because of this and the cockroaches, we decided that she would sleep between us. 4. Safety - The units are open to anyone from the street, there were only two small wooden gates between us and the people on the street and both could not be locked. If you do not keep your house locked, anyone can get to you. Apart from the three areas of improvement, we cannot complain. The unit is in a good area, nice and close to the beach, the WiFi and Smart TV that was available was a treat for the days with bad weather and the surrounding restaurants are a feast to attend. The beach is beautiful and not overcrowded and the area is well looked after. Will go again, but maybe just stay in a better unit.
Lekker area, die eenheid kort wel 'n bietjie aandag.
Die kuier by Between Tides was vir ons lekker gewees, daar was wel 'n paar dinge wat ons gepla het van die eenheid waar ons gebly het. 1. Hulle het ons nie verwag nie - Ek het ons verblyf verleng, maar dit was nie op hulle sisteem aangedui nie. Ons moes twee ure wag vir ons eenheid om skoon gemaak te word en om die sleutels te ontvang. 2. Die eenheid was nie baie skoon nie - Ons het drie keer kakkerlakke gevind in ons eenheid, krummels op ons kombuis eenheid, vlekke op ons beddegoed en ook die banke het 'n reuk gehad. 3. Geen voorsiening word gemaak vir 'n klein mensie nie - Ons het aangedui dat ons met ons dogtertjie van 6 jaar oud kom, daar was nie beddegoed vir haar nie, ook nie 'n handdoek nie. Ook haar slaapopsie was baie beperk, 'n uittrekbank wat al moeg en stukkend is. Weens dit en die kakkerlakke het ons maar eerder besluit dat sy tussen ons slaap. 4. Veiligheid - Die eenhede is oop vir enige persoon van die straat, daar was net twee klein houthekkies tussen ons en die mense op straat en albei kon nie sluit nie. As jy nie jou huis gesluit hou nie, kan enige iemand jou bykom. Buiten die drie areas van verbetering, kan ons nie kla nie. Die eenheid is in 'n goeie gebied, lekker naby die strand, die WiFi en Smart TV wat beskikbaar was, was 'n bederf vir die dae met slegte weer en die omliggende restaurante is 'n fees om by te woon. Die strand is mooi en nie oorvol nie en die area word mooi na gekyk. Sal weer gaan, maar dalk net in 'n beter eenheid bly.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb592fdab0cf29ebb694177b6b1fadf17dee2e135c6e44d24d16a4ff269914081bcdf3b68bc53a51b4d29b0a5401141466c3b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80
was R860 nowFrom R688 per night (sleeps 4)
1514984 Milton LaneHi Tide4285KwaZulu-Natal021 201 890114:00-19:0010:00-30.89203952989930.3476907705