Blombosch Jaghuisie (Yzerfontein)

Selfsorg

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Baie goed

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
3.5
Diens
3.0
Veiligheid
5.0
Nastassja P
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Aug 2025

Rustig in die natuur. Dit was 'n baie aangename en rustige ervaring.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Marilu G
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.0
Nov 2025

Fantastiese blyplek met kommerwekkende kliëntediens. Jaghuisie is 'n baie spesiale plek - om so diep binne in 'n wildsplaas met zebras, kameelperde en springbokkies op die voorstoep te wees, was regtig magical. Ongelukkig het die kliëntediens 'n slegte nasmaak gelaat: 1) Om by Blombosch Plaas in te kom, het mens 'n kode vir twee hekke nodig. Niemand het vooraf vir my die kode laat weet nie, en niemand was beskikbaar op WhatsApp of telefonies toe ek buite die hek met my huilende babas gestaan het nie. 2) Toe ons by Jaghuisie instap, was daar 'n oorweldigende reuk van gas in die kombuis. Dit het gelyk asof van die konneksiepunte se skroewe los was, en ons moes die gas afsit vir veiligheid. Ons moes op die plaas rondry om hulp te gaan soek. 3) Die enigste wasbak in die kombuis het vreeslik water gelek - soveel dat dit die kombuisvloer natgemaak het as ons skottelgoed gewas het. Dit is op die tweede dag reggemaak. 4) Die onverwagte R500 breekgoed deposito is byna 6 dae laat terugbetaal, en ek moes herhaaldelik boodskappe stuur om enige terugvoer daaroor te kry.

Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Zelda
Blombosch Jaghuisie (Yzerfontein)
Hallo Marilu Baie dankie dat julle by Jaghuisie gebly het en vir die moeite om terugvoer te deel. Ons waardeer dit opreg, want dit help ons om die ervaring vir alle gaste na die beste van ons vermoë te verfyn. Ons is baie bly om te hoor dat die ligging en atmosfeer vir julle besonders was — Jaghuisie is ’n unieke plekkie, en dit maak ons altyd gelukkig wanneer gaste dit so ervaar. Rakende die sake wat jy genoem het: Toegang by die hek: Ons verstaan dat aankoms glad en sonder spanning moet wees. Ons werk reeds daaraan om die kommunikasie rondom hek­kodes meer gestroomlyn en betyds te maak, sodat dit in die toekoms vir gaste makliker verloop. Gasreuk in die kombuis: Die span het daarna gekyk en alles netjies laat nagaan. Baie dankie dat julle dit onder ons aandag gebring het. Wasbak wat gelek het: Ons waardeer dat jy dit gemeld het, en dit is intussen aangespreek. Breekskadedeposito: Ons is jammer vir enige ongerief wat die terugbetaling vertraag kon het. Ons administrasie is intussen opgeskerp om sulke prosesse vinniger af te handel. Ons waardeer elke besoek en elke stukkie terugvoer, en ons hoop opreg om julle in die toekoms weer te verwelkom vir ’n selfs beter ervaring. Vriendelike groete Zelda Buffalo Drift Team

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Zelda Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 152

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
R 2 055
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 055
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 2 055
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blombosch Plaas, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7aefae25a74671b6ac9b730990def28bc164c231116e942f57ec203d05ae4d6aec8786deb40418cbd8a6a0fd2a6a6b27c4d4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 055 per nag, vir 4 mense 2 5 1 5 Blombosch Plaas Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.31120936041 18.18101086585
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang