Pick your preferred language

English

Afrikaans

+45
Selfsorg in Klein Windhoek

Bokmakierie Villas

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 26 Robert Mugabe Avenue, Luxury Hill, Windhoek, Khomas Sien kaart

Beskrywing

Bokmakierie Villas bied luukse selfsorg-villas wat sentraal aan die voet van Luxury Hill in 'n tuin vol voëllewe geleë is, en dit is ideaal vir die sakereisigers en vakansiegangers wat 'n safari deur Namibië afskop, of beëindig.

Verblyf word in 3 eenhede gebied, naamlik Villa 1, Villa 2 en die Luukse Suite, en elkeen bied slaaplek aan tussen 2 en 4 gaste.

Villa 1 beskik oor 2 slaapkamers, 'n gedeelde badkamer met 'n stort, en 'n oopplan-kombuis en -sitarea.

Villa 2 beskik oor 'n oopplan-kombuis en -sitarea, 'n en suite-slaapkamer en 'n privaat tuin met draagbare braaigeriewe.

Die luukse suite het 'n privaat ingang, 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Elke eenheid het toegang tot gratis WiFi en premium DStv-kanale.

Veilige parkeerplek word voorsien en gaste kan die swembad en die lieflike, gemeenskaplike braai-area gebruik.

Bokmakierie Villas is stapafstand vanaf Maerua Mall, 'n Virgin Active Gym, en verskeie restaurante en winkels. Die eiendom is ook 'n hanetreetjie vanaf besienswaardighede soos die Onafhanklikheidsmuseum, Alte Feste, Tinten Palatz en die Botaniese Tuine.

Die Windhoek Shoulder-veld is net 500 m ver en die gholfbaan en Eros Lughawe is 5 km vanaf die villas.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Ongelooflik

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Gert F
Saam met lewensmaat
5.0
Home from home. They even spoiled us when we had our kids over for a braai. Spacious, clean and safe apartment!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2025
Yolandi M
Saam met lewensmaat
5.0
Te kort. Dirk en Mariette is amazing. Ons het niks kortgekom. Plek is netjies en bitter skoon en goed geleë.
Des 2025
Nadine V
Gesin met klein kinders
5.0
A piece of heaven in the middle of town. Heerlike verblyf en spasie. Jy kan gemaklik hier bly met 'n gesin van 4. Sal definitief gereeld gebruik maak ...
Sien meer
Des 2025
Adéle Cora N
5.0
Stylish, well-equipped stay, warm hospitality, secure location, great location. Stylish accommodation and friendly welcome by the host....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Heleen H
Saam met lewensmaat
5.0
Homely. Quiet, clean and very helpful. If I ever visit Windhoek again, this is where I will stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Mariette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 26 Robert Mugabe Avenue, Luxury Hill, Windhoek, Khomas
  • Gaste dink Bokmakierie Villas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 2)
Bespreek

26 Robert Mugabe Avenue, Luxury Hill, Windhoek, Khomas

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA67fa6684d05548860b7d7306deca89964679b4512996aec93756307c9cccf0222063bd114dd5af6a62c67d10396b7804057c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 26 Robert Mugabe Avenue Luxury Hill Khomas 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -22.578240541661 17.092178463935

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang