+43
Selfsorg in Montagu

Bon Accord Farm Cottages

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Bon Accord Farm, Baden Road, Montagu, 6720, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Bon Accord Farm is 'n statige Victoriaanse opstal wat al van 1909 af staan. Die pragtige vrugteplaas is net 8 km vanaf Montagu en is die perfekte plek vir 'n rustige wegbreek. Bon Accord is die perfekte wegspringpunt vanwaar jy dit wat die streek bied, kan beleef.

Die 3 kothuise is teen die berg geleë en het slaapplek vir 10 gaste. Die eerste en tweede kothuis het elk 2 slaapkamers en en suite-badkamers. Die derde kothuis het 1 slaapkamer en 'n en suite-badkamer. Elke eenheid het DStv, 'n oop kaggel, lugversorging in die leefarea en 'n onderdak-braai op die stoep.

Gaste kan by verskeie restaurante inloer en droë vrugte en neute geniet. Daar is ook plaaslike wyne om te probeer, veral die gesogte Muskadel. Verskeie doendinge in die omgewing sal jou besig hou: bergfietsry, rotsklim, voetslaan en 'n motorrit om die skilderagtige omgewing te gaan aanskou.

Jy kan vanaf die privaat stoepe die beeldskone uitsig oor die wingerde en boorde in die rigting van die Langeberge, al langs die Badenvallei na Montagu geniet.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 205 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jakes C
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties, definitief 'n plek om te bly sentraal met die mooiste uitsig. Die uitsig was die beste, naas die heerlike kaggel, warm bed, goeie en vrien...
Sien meer
Apr 2026
Cecilia O
Saam met lewensmaat
5.0
Peacefull, ideal location and wonderfull views. What an amazing place. Big stoep with an amazing view over the valley and mountains. H...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2026
Willie S
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike uitsig en uitstaande atmosfeer daar op die bult. Heerlik gebly met uitstekende mooi uitsig en rustigheid. Volgende keer sal ons twee aande ...
Sien meer
Mrt 2026
Eben B
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Die verblyf was pragtig, ons het lekker gebly.
Mrt 2026
Christo V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie veilige en rustige omgewing. Kos vir die siel! Die akkommodasie is baie keurig ingerig met al die noodsaaklike benodigdhede en nog meer. Het somm...
Sien meer
Feb 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elsje Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 205

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Bon Accord Farm, Baden Road, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bon Accord Farm Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 600
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Bon Accord Farm, Baden Road, Montagu, 6720, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa9035178342dac20d11c1c581bb69391af8957826dfc26fa8e70d1200023b1487b79a0846d7aef72425f2161309163bd4b3e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 205 5 1 5 Bon Accord Farm Baden Road 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.733536111111 20.105458333333
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang