Pick your preferred language

English

Afrikaans

+15

6 gaste

2 slaapkamers

4 beds

4 badkamers

  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Ray Road, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Calamari 10 is 'n vakansiewoonstel teen die strand in Ramsgate. Dit bied ongelooflike uitsigte oor die branders en die see. Dit is net 30 m van die veranda na die strand.

Die woonstel het 2 verdiepings en bied slaapplek vir 6 gaste. Daar is 2 slaapkamers bo, elkeen met 'n koningingrootte-bed. Op die onderste vloer is daar nog 'n slaaparea met 'n enkelbeden invou-enkelbed langs die sitarea. Die kamers en die sitarea het elkeen lieflike see-uitsigte en plafonwaaiers. Die woonstel beskik oor 2 badkamers en 'n gaste-toilet. Die een badkamer is en suite en het 'n bad en die ander badkamer het 'n stort.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Gaste hoef nie hul dekodeerders saam te bring nie. Daar is ook WiFi en Netflix.

Die woonstel het onderonderbroke kragtoevoer tydens beurtkrag sodat die WiFi en TV werk.

Skuifdeure lei van die sitkamer na die veranda met braaigeriewe. Daar is ook 'n groot grasperk waarop kinders kan speel.

'n Enkelmotorhuis word voorsien en die eenheid beskik oor 'n alarmstelsel en 'n kluisie vir jou waardevolle besittings.

Die woonstel word nie skoongemaak nie, maar dit kan gereël word teen 'n addisionele fooi. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke bring. 'n Wasmasjien en tuimeldroeër is beskikbaar.

Die woonstel is stapafstand vanaf Ramsgate en Margate se Blouvlagstrande waar geswem kan word, asook vanaf die Waffle House en Blue Lagoon Restaurant. La Capannina en Just So Chinese-restaurante is slegs 200 m weg.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
DStv
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 75 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Mandy Geverifieer

Eiendomme 72

Resensies 385

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Ray Road, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Calamari 10 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Ray Road, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfc66e9322419b7d918afdb16ead3caae8736e91e14562300c38382e19b47a996a2b5a126f4ca9bbc81bac969161e831c9fc2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6) 75 5 1 5 Ray Road Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-23:00 09:00 -30.874755190453 30.36263152957

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang