6 gaste
3 slaapkamers
5 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 33 Church Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Church Street 33 is 'n selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Struisbaai. Dit is ideaal vir 'n wegbreek saam met familie en vriende, want hierdie huis is stapafstand van die strand af.
Dié huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die ander 2 slaapkamers elk 2 enkelbeddens het. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die helder en lugtige leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Die knus sitkamer het gemaklike sitplek en 'n kaggel wat ideaal is vir die winter.
Buite is daar 'n onderdakbraai-area met 'n etenstafel wat 'n lekker plek is vir gaste om gehaltetyd te geniet terwyl die vuur brand. Verder het hierdie verblyf 'n uitgestrekte tuin en veilige parkeerplek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Sanelle Geverifieer
Eiendomme 40
Resensies 78
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 33 Church Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink Church Street 33 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
33 Church Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang