+83
Selfsorg in Agulhas

Cliff Haven

10% AF!
Op die nippertjieaanbod
Kry 10% af op alle besprekings wat 4 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 194 Oceanview drive, Struisbaai, 7285-Struisbaai, 7285, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Cliff Haven is in die kusdorpie Struisbaai geleë en bied luukse oornagverblyf in 'n selfsorg-gastehuis. Gaste kan tussen 3 ateljeewoonstelle kies wat elk 'n see-uitsig en lugversorging het. Daar is ook 'n ruim woonstel met 'n stoep en 'n tuin-uitsig. Die gastehuis het 'n omsetter en batterystelsel wat tydens kragonderbrekings inskop.

Daar is 3 stylvolle ateljees. Elke ateljee het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, induksieplaat, broodrooster, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Elke ateljee het ook lugversorging, 'n klein etenstafel met stoele en 'n platskerm-TV met DStv en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die luukse selfsorgwoonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte bed en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer se en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en daar is 'n etenstafel met stoele. Die leefarea het 'n rusbank en 'n platskerm-TV met DStv en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar. Skuifdeure lei na 'n ingeslote stoep met braaigeriewe, buitemeubels en 'n tuin. Veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 68 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Rick V
Saam met lewensmaat
5.0
Pleasant. Clean, neat and equipped with attention to detail.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2026
Theo K
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspanne en luuks. Wonderlike woonplek en ligging.
Jul 2026
Jenevey K
Besigheidsreis
5.0
Of all my travels, by far the best! Beautiful, clean, secure accommodation, extremely organised and friendly host. The view was amazing...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2026
Eldie M
Saam met lewensmaat
5.0
Geriewe was 5-ster. Baie beïndruk met aandag aan klein detail. Beslis lekker gebly. Alle verwagtinge oorskry.
Jun 2026
Mariekie V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik dankie. Regtig 'n fantastiese gastehuis! Waardeer die gasvrou se keurigheid, let op fyn detail en eetgoedjies.
Apr 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Bouwina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 68

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 194 Oceanview drive, Struisbaai, 7285-Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cliff Haven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
10 % AF
R1 200 R1 080
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 200
10 % AF
R1 200 R1 080
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R1 200
10 % AF
R1 200 R1 080
per nag (plek vir 2)
Bespreek

194 Oceanview drive, Struisbaai, 7285-Struisbaai, 7285, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Geen kinders onder 10
  • Soos Gesien op Instagram
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9ac3eedc9b05c2c681d37f05621d3e71fe724ea88a344b8379059788f068fceca743460ab83ca0163874f93a2f25b042e58b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 200 nouVanaf R1 080 per nag (plek vir 2) 68 5 1 5 194 Oceanview drive Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.812913 20.029256
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang