De Eiken aan't Kerk
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 80, Eenheid 8 Eikehof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
De Eiken aan't Kerk is 'n lieflike selfsorgwoonstel in die historiese hartjie van Stellenbosch, ideaal vir 'n paartjie of 'n klein gesin wat die area wil verken.
Dié eenheid het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte badkamer met 'n bad. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die eenheid het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, koffiemasjien, yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die aangrensende leefarea met lugversorging het 'n etenstafel met sitplek vir 6, en die sitarea het gemaklike rusbanke. 'n TV en toegang tot gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die eenheid lei na 'n balkon tussen die eikebome met 'n uitsig oor die skilderagtige Kerkstraat, waar gaste die atmosfeer van bekoorlike Stellenbosch kan geniet. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en di everblyf is naby winkels, restaurante en museums geleë.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Kerkstraat 80, Eenheid 8 Eikehof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Stellenbosch Sentraal Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 80, Eenheid 8 Eikehof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom