+20

De Oude Pastorie Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Cypress Street, Victoria-West, 7070, Noord-Kaap
  • Vanaf R590 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

De Oude Pastorie is die oudste huis op die dorp en was die Nederduits Gereformeerde Kerk se eerste pastorie in Victoria-Wes.

Die verblyf word in 5 kamers met en suite-badkamers aangebied. Een kamer met 3 enkelbeddens; 1 enkelkamer, 1 kamer met 'n dubbelbed en 2 kamers met driekwartbeddens. Elke kamer het 'n privaat ingang, 'n waaier, elektriese kombers en koffie- en teemaakgeriewe. Ons het 'n TV-kamer met 'n kaggel vir die koue winters. Verder is daar veilige parkeerplek en 'n speelgrond vir kinders.

Die eienaar teel met skou-pluimvee en gaste is gewoonlik geïnteresseerd daarin - dit is beslis anders as die gewone blyplek. Daar is ook 'n speelterrein vir die jongspan.

Ons is stapafstand van staproetes, die Apollo-teater, distriksmuseum en restaurant af. Ons sit 'n heerlike Karoo-aandete (moet vooraf bespreek word) en ontbyt voor. Middagetepakkies is beskikbaar op versoek. Ons maak ook voorsiening vir klein groepe.

Let asseblief daarop dat ons nie kredietkaartgeriewe op die perseel het nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Wasgoeddiens
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Mooi uitsig

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 378 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Johan P
Besigheidsreis
5.0
Vriendelike ontvangs met skoon, gemaklike tariewe. Vriendelik verwelkom en baie gemaklik gebly. Die gasvryheid laat mens ekstra tuis voel.
Nov 2025
Rina C
Saam met vriende
5.0
Soos altyd, baie rustig en aangenaam! Verblyf was heerlik, gasvrou baie vriendelik en hulpvaardig! Omgewing baie interessant en geskiedkundig!
Okt 2025
Jolandi G
Saam met lewensmaat
5.0
A pleasant comfortable stay. We were able to arrive late and Elize was waiting up for us. Nice and clean spacious room and safe parking...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Sonette N
Saam met lewensmaat
5.0
Will stay there again when necessary. After a disastrous stay at another website recommended institution, this was like a 5 star experi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Louis M
Besigheidsreis
5.0
Stil oornag plek. Geen verkeersgeraas. Gasvrou is baie vriendelik en hulpvaardig. Kamer was skoon en netjies. Lekker stil. Goeie waarde vir geld as jy...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Rhonnie & Elize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 378

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 1 Cypress Street, Victoria-West, 7070, Noord-Kaap
  • Gaste dink De Oude Pastorie Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 590
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 590
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 590
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Cypress Street, Victoria-West, 7070, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0356dd9e4a3380c995d5f8f809415c514ee7def4aa567339ca05c5e36cbea28abfde5cdffa8ee8d5e07464c3b6fad324db1f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R590 per nag, vir 2 mense 378 5 1 5 1 Cypress Street Victoria-West 7070 Noord-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -31.40371281385 23.10666063691
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang