Winelands Golf Lodges 19
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandstraat, De Zalze Gholflandgoed, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Winelands Golf Lodges 19 is 'n helder selfsorgwoonstel op die pragtige De Zalze Gholflandgoed in die hartjie van die Stellenbosch Wynlande en dit spog met 'n panoramiese uitsig oor die landgoed.
Dié woonstel op die grondverdieping bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n aparte slaapkamer met 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Badhanddoeke word ook voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n etenstafel met sitplek vir 4 toegerus.
Hierdie leefarea lei na 'n stoep met 'n tafel, stoele en 'n Weber-braai, sowel as 'n tuintjie met sonstoele waar gaste 'n koppie koffie of 'n skemerkelkie kan geniet.
De Zalze Gholflandgoed het 'n gemeenskaplike swembad en 'n restaurant wat 'n verskeidenheid maaltye bedien, van seekos tot fynproewers-hamburgers. The Camelot Spa Wellness Centre bied ook 'n rits behandelings vir gaste wat hulself wil bederf.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 643
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Strandstraat, De Zalze Gholflandgoed, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink Winelands Golf Lodges 19 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandstraat, De Zalze Gholflandgoed, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom