+62
Selfsorg in Dinokeng

Delmarei Privaat Boskamp

  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • R628, 29 Kloppersbos, Pretoria, 0001, Gauteng Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Delmarei Privaat Boskamp bied selfsorgverblyf op 'n skilderagtige wildsplaas, net 50 km vanaf Pretoria en slegs 2,5 km vanaf die Tsukulu-hek van die Dinokeng-wildreservaat.

Die Haak-en-Steek-eenheid is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die Kameeldoring-eenheid het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en het 'n badkamer met 'n bad.

Elke eenheid het 'n oopplan-sitarea met 'n kombuis wat volledig toegerus is vir selfsorg met 'n gasstoof, yskas-vrieskas asook eetgerei en breekware. Die leefarea het ook gemaklike sitplek en die skuifdeure maak oop op 'n onderdakstoep met 'n eetarea en braaigeriewe.

Gaste kan doendinge soos voëlkyk, fietsry en voetslaan op die plaas geniet. Die eiendom is ook die tuiste van vrylopende wild, insluitend rooibokke, blouwildebeeste, blesbokke en waterbokke.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 139 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Maryna C
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker naweek om net rustig te wees. Baie lekker gebly! Plekkie baie oulik, toe gerus en netjies.
Feb 2026
Jaretha P
Saam met lewensmaat
5.0
Plekkie is wonderlik om te rus en weg te kom van die stad. Ons het baie lekker gebly, dit was 'n rustige atmosfeer. Ons het gaan stap binne die kamp w...
Sien meer
Feb 2026
Ann-Mari H
Saam met lewensmaat
5.0
Baie mooi omgewing. Rustigheid in die bos. Die huis is baie mooi en netjies met 'n mooi uitsig oor die dam. In die somer is dit baie warm in die huis;...
Sien meer
Feb 2026
Johan C
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gekuier. Baie lekker gebly. Baie mooi plek, baie goeie ligging. Eienaars het uit hul pad gegaan om te help. Baie sterk aan te beveel.
Jan 2026
Linda M
5.0
Ons het elke oomblik geniet. Die plekkie het al ons verwagtinge oortref. Dit was baie skoon. Ons is vriendelik ontvang en het baie welkom gevoel. Ons ...
Sien meer
Jan 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Melanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 139

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • R628, 29 Kloppersbos, Pretoria, 0001, Gauteng
  • Gaste dink Delmarei Privaat Boskamp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 750
per nag (plek vir 2)
Bespreek

R628, 29 Kloppersbos, Pretoria, 0001, Gauteng

Sien kaart
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2292c83ed53ec483e8b85fefdd854fd9d48c8626f085e5bc9608f7164daa37a9b2aee9b8adb08bce96eeb25ac732885123d4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 139 5 1 5 R628 29 Kloppersbos 0001 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.454089087663 28.412193965486

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang