Die Wit Hangmat
Kry 25% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 9 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: R573, Leeuwkloof Plaas, Erfdeel 30, Cullinan, 1002, Gauteng
-
Vanaf
R3 200R2 400 per nag, vir 9 mense
Beskrywing
Die Wit Hangmat is in 'n ongerepte stukkie bosveld met die naam Leeuwkloofvalley, minder as 'n uur se ry vanaf Pretoria. Dit is die ideale bestemming vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreekplek buite die stad. Die eiendom maak van sonkrag gebruik so dit word nie deur beurtkrag geaffekteer nie.
Verblyf word in 3 gerieflike eenhede met en suite-badkamers aangebied. Die eerste eenheid het 'n koninggrootte-bed, 'n kinderbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n toilet. Die tweede eenheid het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die derde kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die leefarea. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die lapa het 'n braai en kookgeriewe soos 'n tweeplaatstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware en 'n gasbraai. Ys en hout is ingesluit en word voorsien.
Gaste het toegang tot die verhitte Jacuzzi met 'n uitsig oor die bosveld en sonsondergang. Gaste kan ook swem, fietsry, voetslaan en voëlkyk op die perseel. Daar is 'n speletjieskamer met 'n pooltafel, tafeltennis en 'n veerpyltjiebord.
Hierdie stuk bosveld is omring deur die Leeuwkloofpark Privaat Natuurreservaat en dus kan gaste verwag om verskeie wildsoorte te sien. Wildritte word nie aangebied nie, maar gaste kan vrylik stap of fietsry en ook by die verskeie piekniekplekke in die veld stop. Die area is besonder ryk aan voellewe en ook verskeie kleinwildspesies. Verwag om naguiltjies, jakkalse, hiënas en selfs leeus in die nag te hoor.
Dinokeng is ongeveer 25 km weg en gaste kan dit self besoek of 'n wildrit in Dinokeng kan op versoek gereël word. Daar is 4x4-roetes, piekniekareas en die Groot 5. Die dorpie Cullinan is ook naby en winkels en restaurante.
'n Klein troeteldier word slegs toegelaat indien vooraf reëlings met die eienaar getref is. Dit is onderhewig aan streng voorwaardes en die hondjie moet op sy eie bed slaap en nie op die eiendom se beddens of banke nie. Voldoende voorsorg teen bosluise moet ook vooraf getref word en troeteldiere moet te alle tye aan 'n leiband gehou word aangesien dit 'n wildernisgebied is.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Blaaibord
- Internet
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
- Privaat swembad
Dienste
- Internet koppeling
- Diens op aanvraag
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Jacuzzi
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Kroegyskas
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Deirdre Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 62
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- R573, Leeuwkloof Plaas, Erfdeel 30, Cullinan, 1002, Gauteng
- Gaste dink Die Wit Hangmat het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Leeuwkloof Valley Bobbejaansberg Private Nature Reserve Gauteng
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 9 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: R573, Leeuwkloof Plaas, Erfdeel 30, Cullinan, 1002, Gauteng