10 gaste
4 slaapkamers
9 beds
4 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Instagram
- 126 Dassen Island Drive, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Duinhuis Yzerfontein is 'n pragtige selfsorgstrandhuis op 'n duin naby die strand in Yzerfontein. Dié strandhuis is ideaal vir natuurliefhebbers en word deur die Weskus se kusfynbos omring.
Duinhuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 4 en suite-badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea.
Daar is 2 slaapkamers op die grondverdieping. Die eerste slaapkamer het 4 enkelbeddens en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer, waarvan die eerste een 'n stort en die tweede een 'n bad het.
Die derde slaapkamer beslaan 'n groot deel van die boonste verdieping en het 'n koninggrootte-bed, 'n sitarea en 'n oopplan-badkamer met 'n handstort. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n dubbelwasbak.
Die kombuis is met 'n kookplaat, yskas, mikrogolf, ketel en 'n binnebraai toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 en die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel.
Die huis spog met 'n lieflike onderdakstoep met ingeboude braaigeriewe en baie vensters wat na die see front. Die Dasseneiland-vuurtoring kan in die verte gesien word.
Die huis is met 'n omsetter toegerus wat ononderbroke kragtoevoer aan die WiFi tydens beurtkrag verseker.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Jay Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 126 Dassen Island Drive, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink Duinhuis Yzerfontein het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
126 Dassen Island Drive, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Instagram
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang