Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Boesmanskloof Eagle's Nest

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vleistraat 66, Greyton, 6708, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 000 R2 500 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Boesmanskloof Eagle's Nest skuil in die hartjie van die Riviersonderendberge tussen Greyton en McGregor. Selfsorgverblyf is beskikbaar in 'n pragtige dubbelverdieping-steenhuis genaamd, Eagle's Nest.

Dié selfsorghuis bied slaapplek aan 8 volwassenes en 6 kinders en spog met 3 dubbelslaapkamers, elkeen met 'n dubbelbed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die aparte slaapkamer op die onderste verdieping het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Elke kamer is vernoem na 'n Afrika-arend en het linne en handdoeke. Die kamers is op die boonste verdieping van die huis met toegang tot 'n balkon met asemrowende uitsigte oor die kloof.

Daar is 'n groot familie-kombuis met 'n houttafel en is ten volle toegerus met breekware, eetgerei, en ander kook-geriewe, asook 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en 'n broodrooster.

Soos gaste by Eagle's Nest instap, dwaal die oog na die glas-skuifdeur wat na 'n pragtige houtdek lei en uitkyk oor die Gobosrivier. 'n Eetkamertafel met sitplek vir 12 gaste verseker lekker lang kuiers. Daar is ook 'n binnebraai en 'n swembad langsaan die braai.

Beperkte selfoonontvangs is beskikbaar en gaste sal op die perseel moet rondloop om ontvangs te kry. Daar is wel 'n Vodacom-toring naby.

Met elke besoek sal gaste vind dat die area verander het, soos wat fynbos verander met die seisoene. Die bekende Boesmanskloofroete en die geheimsinnige Die Galg-pas is op die voorstoep van hierdie kliphuis en alle stappers van hierdie roete steek hom verby.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 mense
1 xDubbelbed
2 xKinderbed vir 1
Slaapkamer 3
Plek vir 4 mense
1 xDubbelbed
2 xKinderbed vir 1
Slaapkamer 4
Plek vir 4 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
2 xKinderbed vir 1
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 4
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Wynkelder

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 6 resensies vir Boesmanskloof Eagle's Nest
Netheid
4.2/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Japie & Sandra Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 147

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Vleistraat 66, Greyton, 6708, Wes-Kaap
  • Gaste dink Boesmanskloof Eagle's Nest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Overberg Wes-Kaap
Vanaf R5 000
R5 000 R2 500
per nag, vir 10 mense
Vanaf R5 000
R5 000 R2 500
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vleistraat 66, Greyton, 6708, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcb6a48ad85fa9c85cbe0e67041acf6683438f1be611aa35901ee8cdfa9a0a19b9c1ef4afb73abcb7f630d8f6f6c3396844c2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R5 000 nouVanaf R2 500 per nag, vir 10 mense 6 5 1 5 Koeniesrivier Mcgregor 6708 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.012772 19.71198
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem