Gerica
4 gaste
0 slaapkamers
2 beddens
1 badkamer
- Slaapplek vir 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - 23 Bloukrans Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Gerica is 'n knus selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang, geleë op die eienaar se eiendom in die hartjie van Hartenbos. Dit is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers wat op soek is na 'n rustige en gerieflike tuisbasis vanwaar hulle hierdie gewilde kusdorp in die Tuinroete kan verken en geniet.
Hierdie eenheid bied slaapplek vir tot 4 gaste en bestaan uit 'n oopplan-slaaparea en 'n badkamer. Die slaaparea is gemeubileer met 'n dubbelbed en 'n dubbelslaapbank. Die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof met mini-oond, mikrogolfoond, lugbraaier, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daarbenewens sluit die eenheid 'n eetkamertafel en 'n slim-TV in. Toegang tot WiFi is beskikbaar.
Gaste kan 'n buitepatio met sitplek en braaigeriewe geniet. Sonkrag en veilige parkering is op die perseel beskikbaar. Verskeie plaaslike geriewe soos winkels en restaurante is naby. Die ATKV Hartenbos is ongeveer 400 m weg en gaste kan geriewe soos direkte toegang tot die strand, 'n waterpark, putt-putt-baan en kegelbal geniet.
Kamer-opset
Leefarea
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 23 Bloukrans Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
23 Bloukrans Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang