4 gaste
2 slaapkamers
3 beds
1 badkamer
- 4 gaste
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Facebook
- G9 Ebenezer Dam Road, Magoebaskloof, 0730, Limpopo Sien kaart
Beskrywing
The Stables @ Glenogle Farm is 'n bekoorlike selfsorghuis tussen die denneplantasies in die pragtige bergagtige area, Magoebaskloof. Dit is op die skilderagtige Glenogle-plaas en spog met perde en 'n manjifieke privaat dam vol forel. Dit is tussen die perdestalle en padstal.
Dié luukse dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 4 gaste en 'n trap lei na die boonste verdieping met 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Op die onderste verdieping is 'n stylvolle, oopplan-leefarea met 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof en konveksie-mikrogolf toegerus is. Dit het basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n eetarea.
Die leefarea lei na 'n stoep en privaat tuin aan die een kant en die binnehof aan die ander kant.
September is die beste tyd vir 'n besoek, aangesien die landskap rondom die stalle dan pragtig is. Gaste kan visvang, 'n skemerkelkie op die dek by die dam geniet, of voor die kaggel met 'n glasie rooiwyn ontspan. Glenogle Plaas is 'n puik wegbreekplek vir almal wat na ontspanning en sielsverkwikking smag.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Glenda Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 108
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- G9 Ebenezer Dam Road, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
- Gaste dink The Stables @ Glenogle Farm het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
G9 Ebenezer Dam Road, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
Sien kaart- 4 gaste
- Geen kinders onder 3
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang