+13

Goedheid & Guns

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 35 Nagtegaal Street, Aalwyndal, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Goedheid & Guns skuil op 'n bekoorlike kleinhoewe buite die hawedorp Mosselbaai. Die streek is bekend vir matige klimaat regdeur die jaar, goue strande en 'n verskeidenheid natuurlike, kulturele en historiese besienswaardighede.

Verblyf word in 'n oopplan-woonstel op die eienaars se perseel gebied en dit het slaapplek vir 2 gaste. Die woonstel het 'n privaat ingang, 'n koningingrootte-bed met gehaltelinne, handdoeke, 'n rusbank, 'n TV met DStv en 'n klerekas. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuisie is met 'n yskassie, oondjie, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe en basiese toebehore toegerus. Daar is ook 'n wasbak met skoonmaakmiddels en vadoeke. Die woonstel lei na 'n stoep met braaigeriewe en 'n sitarea. Veilige parkeerplek word voorsien.

Die rustige omgewing is veilig en bied stap- en fietsroetes. Gaste kan Adventure Horse Safaris op die kleinhoewe of begeleide perderitte bespreek. Langeberg Mall is net 5 km ver. Aktiwiteite in die omgewing sluit visvang, duik, bootritte, Zipline, voetslaan, voëlkyk en walviskyk in seisoentyd in. Die woonstel is naby die gewilde Mosselbaai Valskermklub geleë en ideaal vir gaste wat by die kursus aangesluit het.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
DStv
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Alistair M
5.0
Therapeutic and breathtaking. I thoroughly enjoyed the tranquility and scenery. It was therapeutic, especially after long hours spent i...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2025
Kallie B
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het dit as 'n perfekte netjiese en skoon plekkie ervaar. Goeie waarde vir geld. Baie netjiese, skoon en gerieflike plekkie. Stil en veilig.
Apr 2025
Wynand B
Saam met lewensmaat
5.0
Een van die beste plekke en hoogs aanbeveel. Baie mooi, stil en rustige plekkie weg van stadslawaai. Alles was goed en reg, en die eienaar was baie be...
Sien meer
Jan 2025
Mathilde S
4.8
Very pleasant for a one night stay-over. A very pleasant stay, the accommodation is clean, the bed is comfortable, a small couch to rel...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Herman R
Saam met lewensmaat
4.8
Baie lekker en rustig. Ons het baie baie lekker gebly by Nic en Nora, dit was so rustig en stil by hulle. Baie vriendelik ontvang.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Nic Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 35 Nagtegaal Street, Aalwyndal, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Goedheid & Guns het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 700
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 700
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 35 Nagtegaal Street, Aalwyndal, Mossel Bay, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaPpqlde9j9ZxsudSExbYwqc5tGAM2FuqJIAfmO9QUAQNZl1cX1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 35 Nagtegaal Street Aalwyndal 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.151575178287 22.063100003484

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang