- Slaapplek vir 29 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Grootwaterval Farm, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Grootwaterval is in die middel van die Karoo aan die voorheuwels van die Swartbergpas geleë, sowat 45 km van Prince Albert af. Die Grootwaterval plaasavontuur begin waar die teerpad eindig en die grondpad begin.
Die plaas bied gehalte verblyf vir 'n ontspanne wegbreek en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.
Verblyf word aangebied in 2 selfsorg-kothuise en 'n ruim lodge vir groter groepe.
Die Gemsbok Kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed het en die ander een 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n rusbank met 'n uittrekbed in die leefarea, sowel as 'n ten volle toegeruste oopplan-kombuis.
Daar is onderdakparkeerplek langs die huis. Vir die helder sterre aande van die Karoo bied Gemsbok kothuis 'n 'hot tub' waarvan gaste gebruik kan maak teen ekstra koste, mits dit vooraf gereël word.
Die Ribbok Kothuis het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 'n oopplan-kombuis met 'n ou stoof, 'n klein sitkamer met 'n slaapbank, 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed het en die ander een 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
Op die stoep is daar braaigeriewe waar gaste onder die skadu van die ou akasia-bome kan kuier.
Beide kothuise het geen elektrisiteit nie, en is toegerus met sonpanele, slegs vir die ligte, en 'n yskas. Verder is daar 'n gasstoof, geysers en olielampe vir romantiese aande.
Die lodge is perfek vir 'n groep vriende of familie. Die ruim huis, wat 7 km van die plaashuis af is, het geen elektrisiteit nie en maak gebruik van olielampe vir lig.
In die hoofgebou is daar 'n oop-kombuis met alles wat gaste nodig sal hê, insluitend 'n yskas-vrieskas, gasstoof. Gaste kan lekker voor die knus kaggel ontspan in die winter.
Daar is 4 slaapkamers wat slaapplek bied vir 8 gaste in totaal. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en twee het 2 enkelbeddens. Al die kamers het en suite-badkamers. Elke kamer kan via die stoep bereik word. Daar is vuurmaakplek en gaste kan lekker hiér ontspan.
Kom geniet die plaaslewe en pragtige Karoo-landskappe, 'n sterbelaaide hemelruim en skoon lug. Gaste kan in die daaglikse roetine van die plaas deelneem of dit te voet of met 'n bergfiets verken.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Johanli Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 48
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Grootwaterval Farm, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
- Gaste dink Grootwaterval Farm Accommodation het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Grootwaterval Farm, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 29 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Teken in om by gunstelinge te voeg Teken in om gunstelinge te sien Teken in om besprekings te sien Teken in om Rewards te sien Teken in om profiel te sien Teken in om eiendomme te sien Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken in of registreer om eiendomme by jou gunstelinge te voeg Teken in of registreer om toegang tot jou gestoorde eiendomme te kry Teken in of registreer om toegang tot jou besprekingsgeskiedenis te kry Teken in of registreer om toegang tot jou LekkeSlaap Rewards te kry Teken in of registreer om toegang tot jou profielbesonderhede te kry Teken in of registreer om toegang tot jou eiendomme te kry Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang