Grootwaterval Farm Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Grootwaterval is in die middel van die Karoo aan die voorheuwels van die Swartbergpas geleë, sowat - +45 km van Prince Albert af. Die Grootwaterval-plaasavontuur begin waar die teerpad eindig en die grondpad begin.

Die plaas bied gehalte-verblyf vir 'n ontspanne wegbreek en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.

Verblyf word aangebied in 2 selfsorg-kothuise en 'n ruim lodge vir groter groepe.

Die Gemsbok Kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed het en die ander een 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n rusbank met 'n uittrekbed in die leefarea, sowel as 'n ten volle toegeruste oopplan-kombuis.

Daar is onderdakparkeerplek langs die huis. Vir die helder sterre aande van die Karoo bied Gemsbok kothuis 'n 'hot tub' waarvan gaste gebruik kan maak teen ekstra koste, mits dit vooraf gereël word.

Die Ribbok Kothuis het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 'n oopplan-kombuis met 'n ou stoof, 'n klein sitkamer met 'n slaapbank, 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed het en die ander een 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Op die stoep is daar braaigeriewe waar gaste onder die skadu van die ou akasia-bome kan kuier.

Beide kothuise het geen elektrisiteit nie, en is toegerus met sonpanele, slegs vir die ligte, en 'n yskas. Verder is daar 'n gasstoof,
-geysers en olielampe vir romantiese aande.

Die lodge is perfek vir 'n groep vriende of familie. Die ruim huis, wat 7 km van die plaashuis af is, het geen elektrisiteit nie en maak gebruik van olielampe vir lig.

In die hoofgebou is daar 'n oop-kombuis met alles wat gaste nodig sal hê, insluitend 'n yskas-vrieskas, gasstoof. Gaste kan lekker voor die knus kaggel ontspan in die winter.

Daar is 4 slaapkamers wat slaapplek bied vir 8 gaste in totaal. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en twee het 2 enkelbeddens. Al die kamers het en suite-badkamers. Elke kamer kan via die stoep bereik word. Daar is vuurmaakplek en gaste kan lekker hiér ontspan.

Kom geniet die plaaslewe en pragtige Karoo-landskappe, 'n sterbelaaide hemelruim en skoon lug. Gaste kan in die daaglikse roetine van die plaas deelneem of dit te voet of met 'n bergfiets verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Grootwaterval Farm Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R726 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false