+29
Gastehuis in Colesberg

Guinea-fowl Guest House

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 14 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • 44 Stockenstroom Street, Colesberg, Colesberg, 9795, Noord-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Guinea-fowl Guest House word omring deur granietrotse en 'n groot sprokiestuin aan die verste ent van 'n baie stil doodloopstraat, ver van die rep en roer van die hoofstraat af.

Die 4 ruim slaapkamers het elkeen 'n privaat ingang en en-suite badkamer. 2 Kamers het elkeen slaapplek vir 4 gaste 2 kamers het elkeen slaapplek vir 3 gaste. Geriewe sluit die koffie- en teemaakgeriewe, yskassies, elektriese komberse, dakwaaiers en veilige parkeerplek op die perseel reg voor elke kamer in. Gaste kan TV kyk in die gastehuis se TV-kamer. Engelse en Kontinentale ontbyte word elke dag op versoek in die eetkamer bedien. Alhoewel die gastehuis nie selfsorggeriewe het nie, is daar 'n klein aparte kombuisie met 'n mikrogolfoond en toebehore waar gaste ligte etes kan voorberei. Daar is oorgenoeg gesellige plekkies in die tuin tussen die rotse waar gaste kan ontspan na 'n lang dag op die pad. Daar is braaigeriewe in die tuin, sowel as 'n onderdakbraai-area aan die oewer van die spruit.

Die gastehuis is op die oewer van Colesbergspruit geleë. Om hierdie rede en omdat die tuin so 'n lushof is, is dit 'n voëlkykparadys. Daar is 4 uitstekende restaurante net 'n kort entjie se stap van Guinea-fowl af en gaste kan gerus daar gaan aansit vir 'n heerlike middag- of aandete.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 352 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Frances S
Gesin met klein kinders
5.0
Peaceful, comfortable and affordable. Great hospitality and a comfortable stay. Care and thoughtful details like home-made rusks for th...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2026
Catherine C
Saam met vriende
5.0
Scented beauty enfolded in old school values and genuine hospitality. A most beautiful home away from home with the scent of the garden...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2026
Marian V
Saam met lewensmaat
5.0
Outydse Gasvryheid met Koffie en beskuit. Outydse Gasvryheid met Koffie en beskuit. Ja, baie lekker gekuier.
Mrt 2026
Jaco M
5.0
Sal graag weer by Guinea-Fowl oorslaap. Jan is 'n uitstekende mens. Ek wil graag noem dat ek my bagasie in my kamer vergeet het, en Jan het dit op hom...
Sien meer
Feb 2026
Shelizka V
Gesin met tieners
5.0
Vinnige oorslaap. Dit is 'n lekker plekkie om oor te slaap oppad Kaap toe. Baie vriendelik ontvang. Sal weer oorslaap.
Jan 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 352

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 44 Stockenstroom Street, Colesberg, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Gaste dink Guinea-fowl Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 680
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 680
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 680
per nag, vir 2 mense
Bespreek

44 Stockenstroom Street, Colesberg, Colesberg, 9795, Noord-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 14 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk2ZDdiMDAyLTRjNWEtNGRhOC1hNWFiLTA0YmFhNzY1OGFjNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R680 per nag, vir 2 mense 352 5 1 5 44 Stockenstroom Street Colesberg 9795 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 09:00 -30.723342820424 25.093888078365
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang