+25
Selfsorg in Woodstock

Happy Home Woodstock

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • 6 Roodebloem Road, Woodstock, Cape Town, 7925, Wes-Kaap Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Happy Home Woodstock is in die Woodstock geleë. Hierdie selfsorg-gastehuis beskik oor 2 eenhede, ’n huis met 3 slaapkamers en ’n woonstel op die grondverdieping met 2 slaapkamers. Die huis met 3 slaapkamers kan as ’n geheel bespreek word, of individuele kamers kan bespreek word. Dit beteken dat daar ander gaste in die gemeenskaplike areas teenwoordig kan wees.

Die woonstel word as ’n eenheid gebied aan tot 4 gaste. Reëlings kan getref word vir kinders indien daar meer as 4 gaste is en die ekstra gaste jonger as 16 is. Kinders sal op ’n individuele basis oorweeg word.

Die drieslaapkamerhuis beskik oor 3 slaapkamers. Die rooi kamer het ’n en suite-badkamer en die groen kamer en blou kamer deel die gebruik van ’n badkamer wat ’n stort het. Elke kamer het ’n yskassie en ’n kluis.

Die gemeenskaplike kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en yskas toegerus. Gaste kan hulle maaltye by die etenstafel of buite by die braai-area geniet, en in die gemeenskaplike sitkamer ontspan en 'n Netflix-film kyk.

Buite is daar braaigeriewe en 'n braairooster word voorsien, maar gaste kan ook hulle eie rooster saambring. 1 veilige parkeerplek is agter 'n elektriese hek beskikbaar.

Die woonstel het 2 slaapkamers. Hierdie kamers deel die gebruik van ’n badkamer binne die woonstel. Daar is ’n stort-bad. Die woonstel het ’n vol kombuis, koker, oond en mikrogolfoond.

Daar is aangewese parkeerplek vir die woonstel. Slegs klein- en medium-grootte voertuie kan hiervan gebruik maak. Indien dit moontlik is kan reëlings vir ’n groter voertuig getref word. Dit is nie altyd beskikbaar nie.

Woodstock is minder as 2 km van Kaapstad se middestad af. Met só 'n ligging in die gewilde Roodebloemstraat het gaste maklike toegang tot verskeie eetplekke, kafees, interessante winkels en die MyCiTi-bus vir openbare vervoer.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Baie goed

Netheid
3.9
Ligging
3.9
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.4
Veiligheid
4.0
Gaste se hoogtepunte
Mary W
5.0
Sufficient and convenient. Perfectly comfortable and met all my needs.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2026
Kagiso M
5.0
The stay was good. I was comfortable and the staff was friendly. The stay was good. I was comfortable and the staff was friendly and of...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Marthi H
5.0
In die hartjie van Woodstock. Baie gerieflik geleë tussen Groenpunt stadion, Universiteit van Kaapstad, Waterfront, ens. Vriendelike professionele die...
Sien meer
Apr 2025
Martie S
4.8
Prys en ligging ideaal vir my behoeftes. Happy Home se ligging en prys was ideaal vir my behoeftes - besoek aan my seun redelik naby daarvandaar. Vrie...
Sien meer
Mrt 2025
Lorren D
Besigheidsreis
4.2
Central location and friendly staff. The rooms and building need maintenance as some furniture and wardrobe doors were in a bad state. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Luke Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 138

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 6 Roodebloem Road, Woodstock, Cape Town, 7925, Wes-Kaap
  • Gaste dink Happy Home Woodstock het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 630
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 630
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 630
per nag (plek vir 2)
Bespreek

6 Roodebloem Road, Woodstock, Cape Town, 7925, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3d386c51ba127730cd686e795952744bf886ebc20ec05fff67dc7e2649d12c59078d844afa356e93d7017ca94e419026fc56?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R630 per nag (plek vir 2) 34 5 1 4 6 Roodebloem Road Woodstock 7925 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -33.931254383946 18.453214506968
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang