Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Happy Home Woodstock

Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Aug 2023 tot 31 Aug 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Roodebloemweg 6, Woodstock, Kaapstad, 7925, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R552 R469 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Happy Home Woodstock is in die Woodstock geleë. Hierdie selfsorg-gastehuis beskik oor 2 eenhede, ’n huis met 3 slaapkamers en ’n woonstel op die grondverdieping met 2 slaapkamers. Die huis met 3 slaapkamers kan as ’n geheel bespreek word, of individuele kamers kan bespreek word. Dit beteken dat daar ander gaste in die gemeenskaplike areas teenwoordig kan wees.

Die woonstel word as ’n eenheid gebied aan tot 4 gaste. Reëlings kan getref word vir kinders indien daar meer as 4 gaste is en die ekstra gaste jonger as 16 is. Kinders sal op ’n individuele basis oorweeg word.

Die drieslaapkamerhuis beskik oor 3 slaapkamers. Die rooi kamer het ’n en suite-badkamer en die groen kamer en blou kamer deel die gebruik van ’n badkamer wat ’n stort het. Elke kamer het ’n yskassie en ’n kluis.

Die gemeenskaplike kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond en yskas toegerus. Gaste kan hulle maaltye by die etenstafel of buite by die braai-area geniet, en in die gemeenskaplike sitkamer ontspan en 'n Netflix-film kyk.

Buite is daar braaigeriewe en 'n braairooster word voorsien, maar gaste kan ook hulle eie rooster saambring. 1 veilige parkeerplek is agter 'n elektriese hek beskikbaar.

Die woonstel het 2 slaapkamers. Hierdie kamers deel die gebruik van ’n badkamer binne die woonstel. Daar is ’n stort-bad. Die woonstel het ’n vol kombuis, koker, oond en mikrogolfoond.

Daar is aangewese parkeerplek vir die woonstel. Slegs klein- en medium-grootte voertuie kan hiervan gebruik maak. Indien dit moontlik is kan reëlings vir ’n groter voertuig getref word. Dit is nie altyd beskikbaar nie.

Woodstock is minder as 2 km van Kaapstad se middestad af. Met só 'n ligging in die gewilde Roodebloemstraat het gaste maklike toegang tot verskeie eetplekke, kafees, interessante winkels en die MyCiTi-bus vir openbare vervoer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.7 uit 5van 25 resensies vir Happy Home Woodstock
Netheid
3.6/5
Diens
4.1/5
Ligging
3.5/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
3.7/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Luke Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 124

Jaar gelys 7

Ligging

  • Roodebloemweg 6, Woodstock, Kaapstad, 7925, Wes-Kaap
  • Gaste dink Happy Home Woodstock het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R552
R552 R469
per nag (plek vir 2)
Vanaf R552
R552 R469
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Roodebloemweg 6, Woodstock, Kaapstad, 7925, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3d386c51ba127730cd686e795952744bf886ebc20ec05fff67dc7e2649d12c59078d844afa356e93d7017ca94e419026fc56?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R552 nouVanaf R469 per nag (plek vir 2) 25 5 1 4 6 Roodebloem Road Woodstock 7925 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -33.931254383946 18.453214506968
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem