6 gaste
3 slaapkamers
5 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - La Gare, Swellendam Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Letjiesbos 101 is in die gewilde Hartenbos geleë en is gerieflik gemeubileer vir 6 gaste. Die eenheid is nuut gemeubileer en toegerus.
Die woonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 2 badkamers het elk 'n stort, toilet en wasbak en die en suite-badkamer in die hoofslaapkamer het ook 'n bad. Alle beddegoed word voorsien.
Die oopplan-kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n vierplaatstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, outomatiese wasmasjien, ketel, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n ontbythoekie met sitplek. Die gemaklike leefarea het 'n platskerm-TV met volledige DStv. Die leefarea lei na 'n privaat patio met 'n ingeboude braai, stoeptafel en -stoele, asook 'n grasperk. Die eenheid word beveilig met 'n Trellidoor.
Onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en ekstra staanplek vir 'n waentjie, asook 'n parkeerplek vir kuiergaste is beskikbaar. Gaste moet asb. hulle eie vadoeke en vatlappies, asook bad- en strandhanddoeke saambring. Die eenheid gebruik koopkrag.
Die kompleks is binne stapafstand (600 m) van die strand, Hartenbos-winkelsentrum (400 m), die waterwurm, warmwater-onderdakswembad, verskeie restaurante en sowat 900 m vanaf die ATKV-amfiteater.
Neem asb. kennis dat die verblyf ongelukkig nie matrikulante op hulle eie toelaat nie.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Annelie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- La Gare, Swellendam Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Hartenbos akkommodasie Letjiesbos 101 het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
La Gare, Swellendam Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang