+10

Hartenbos akkommodasie Letjiesbos 101

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: La Gare, Swellendam Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Letjiesbos 101 is in die gewilde Hartenbos geleë en is gerieflik gemeubileer vir 6 gaste. Die eenheid is nuut gemeubileer en toegerus.

Die woonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 2 badkamers het elk 'n stort, toilet en wasbak en die en suite-badkamer in die hoofslaapkamer het ook 'n bad. Alle beddegoed word voorsien.

Die oopplan-kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n vierplaatstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, outomatiese wasmasjien, ketel, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n ontbythoekie met sitplek. Die gemaklike leefarea het 'n platskerm-TV met volledige DStv. Die leefarea lei na 'n privaat patio met 'n ingeboude braai, stoeptafel en -stoele, asook 'n grasperk. Die eenheid word beveilig met 'n Trellidoor.

Onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en ekstra staanplek vir 'n waentjie, asook 'n parkeerplek vir kuiergaste is beskikbaar. Gaste moet asb. hulle eie vadoeke en vatlappies, asook bad- en strandhanddoeke saambring. Die eenheid gebruik koopkrag.

Die kompleks is binne stapafstand (600 m) van die strand, Hartenbos-winkelsentrum (400 m), die waterwurm, warmwater-onderdakswembad, verskeie restaurante en sowat 900 m vanaf die ATKV-amfiteater.

Neem asb. kennis dat die verblyf ongelukkig nie matrikulante op hulle eie toelaat nie.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Daleen W
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies. Baie lekker gebly. Alles wat mens benodig in 'n eenheid. Die eenheid is netjies en veilig. Sal vir enige tyd aanbeveel.
Nov 2025
Lana D
Gesin met tieners
5.0
Wonderlik. Die mooiste plekkie ons het verskriklik lekker gebly in die mooi plekkie.
Jun 2024
Annelise D
Gesin met tieners
4.8
Baie lekker, gerieflik en gemaklik en is hoogs tevrede met verblyf. Ons het 'n fantastiese tydjie by Lentjiesbos 101 deurgebring. Woonstel was netjies...
Sien meer
Apr 2025
Sonja V
Saam met lewensmaat
4.6
Will definitely stay here again! Very comfortable and quiet, safe space.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Melanie O
Gesin met tieners
5.0
Heerlike kuier in 'n pragtige plekkie! Letjiesbos 101 bied alles wat 'n seevakansie nodig het en meer! Van genoeg warm komberse vir wintersaande, tot ...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Annelie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • La Gare, Swellendam Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hartenbos akkommodasie Letjiesbos 101 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 150
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 150
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: La Gare, Swellendam Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2f9a235b0132d83951d2f121a4880660c4a2b578284f1308df919601674e59e7c80178ab4140109245cfaa87b92c76b0976f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag (plek vir 6) 31 5 1 5 La Gare Swellendam Avenue 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.129443717555 22.110719301575

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang