Pick your preferred language

English

Afrikaans

+35
Hotel in Strandgebied

Hotel Sky Cape Town

  • 1210 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 9 Lower Long Street, Foreshore, Cape Town, 8000, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Hotel Sky Cape Town is 'n nuwe toevoeging tot die ikoniese Kaapstad-silhouëtte. Die hotel spog met een van die beste addresse in die stadskom, direk oorkant die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum.

Die hotel het 535 pragtige kamers en suites. Dit is die ideale bestemming vir beide plaaslike en internasionale sakereisigers en vakansiegangers. Elke kamer het sy eie en suite-badkamer, 300-draadtelling linne, 'n slim-TV sodat gaste flieks en reekse kan stroom, 'n kluis groot genoeg vir 'n skootrekenaar en onbeperkte, vinnige WiFi-toegang.

In geval die ideale ligging en pragtige kamers nie genoeg is nie, bied die hotel ook ongeëwenaarde, panoramiese uitsigte vanuit meeste van die verdiepings oor die stadskom tot by Tafelberg, en uit oor die Waterfront en Tafelbaai. Die luukse Infinity Restaurant op die 26ste verdieping bied die heel mooiste uitsig in die hotel.

Die restaurant kombineer 360-grade berg- en see-uitsigte met wolkekrabber-fynproewersmaaltye. Die restaurant spog met 'n stylvolle aanleg en 'n verskeidenheid drankies en moderne disse wat met vars, topgehalte-bestanddele gemaak word.

Die Sky Hi Ride op die 28ste verdieping van die hotel torin 35 m bo die Kaapse stadskom uit en bied 'n onbelemmerde uitsig oor een van die mooiste stede in die wêreld. Die opwindende en asemrowende rit verontagsaam swaartekrag en bereik 'n vryvalspoed van tot en met 100 km per uur.

Ander hotelgeriewe sluit robotte in wat aangedryf word deur kunsmatige intelligensie. Hier smelt moderne tegnologie saam met die klassieke en gerieflike gasvryheid wat gaste nou al verwag van die Hotel Sky.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Gimnasium
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Mooi uitsig
24-uur-ontvangs
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.1
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Elisabet S
Saam met lewensmaat
5.0
Besondere ervaring gewees. Ons het baie lekker gebly. Die bespreekte kamer was baie klein en beknop. Met R300 per nag inbetaling het ons 'n pragtige h...
Sien meer
Mrt 2025
Vitino B
Besigheidsreis
5.0
Ongelooflik. Hierdie is 1 van die beste hotelle in Kaapstad, ongelooflike uitsig met die beste uitsig van Kaapstad.
Mrt 2025
Vitino B
5.0
Amazing. Great hotel and great staff! Best hotel in Cape Town with the best views by far!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Adriaan Hendrik C
5.0
Uitstekend. Hotel is baie goed geleë en geriewe is uitstekend. Ontbyt was ook van hoogstaande gehalte.
Okt 2024
Jacobus D
Besigheidsreis
5.0
Goeie verblyf en die kos was goed. Dankie vir 'n lekker verblyf.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Hotel Sky CT Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 9 Lower Long Street, Foreshore, Cape Town, 8000, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hotel Sky Cape Town het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Vanaf
R 2 250
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 250
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 250
per nag, vir 2 mense
Bespreek

9 Lower Long Street, Foreshore, Cape Town, 8000, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 1210 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa43a576a871ee8e9fcb2656ebe03bc96910012416cc8fdfc4477f13c13bed8501bedea261b5038b33b995b3017834c36ec0f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 250 per nag, vir 2 mense 38 5 1 5 9 Lower Long Street Foreshore 8000 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.9164 18.4261

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang