+57
Selfsorg in Hermanus

House 12 Beach Club

6 gaste

3 slaapkamers

4 beddens

3 badkamers

15% AF!
Spesiale aanbod
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 16 Apr 2026 tot 20 Apr 2026.
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Church Street, Hermanus Beach Club, Hermanus, 7200, Wes-Kaap Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

House 12 Beach Club is in 'n veiligheidskompleks van Hermanus Strandklub geleë en bied gemaklike selfsorg-veblyf in 'n huis wat smaakvol gemeubileer is en slaapkamers aan die seekant het.

Dié huis het slaapplek vir 6 gaste en het 3 slaapkamers, 3 en suite-badkamers. Daar is 2 slaapkamers met 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Daar is 2 en suite-badkamers met 'n stort en toilet, terwyl die derde en suite-badkamer 'n bad en toilet het.

Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n toonbank toegerus en front na die sitarea met 'n TV. Beide die eetarea en die sitarea lei na 'n houtdek waar gaste kan ontspan en die see-uitsig kan geniet.

Die Hermanus Strandclub het 'n klubhuis, sowel as tennisbane, muurbalbane, putt-puttbaan, 'n swembad en 'n speelkamer vir kinders. Daar is ook 'n kroeg wat ten volle gelisensieerd is. Die kompleks is langs die nuwe hawe naby restaurante geleë en walvisse kan met bootritte aanskou word. Hermanus se middedorp is ongeveer 2 km ver, waar daar restaurante en winkels is.


Kamer-opset

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Hendrenette V
Gesin met klein kinders
5.0
Stil en veilig gebly. Baie lekker huis en pragtige see uitsig. Sien sterre.
Apr 2026
Elize B
Saam met vriende
5.0
Aangenaam met alles wat ons nodig gehad het. Heerlike kuierhuis. Pragtige view. Ons het dit baie geniet!
Feb 2026
Anna-Christa R
Gesin met klein kinders
5.0
Bitter lekker plek vir gesin. Voel of jy op die rotse/see bly. Was awesome. Als is daar wat jy wil hê.
Jul 2025
Eddie N
Saam met vriende
4.6
Ons het heerlik gekuier en sal dit aanbeveel. Dit is 'n pragtige en gerieflike plek, maar kort dringend opknappingswerk. Die ligging is onverbeterlik!
Mrt 2026
Juan V
4.0
Plek is baie skoon, maar daar kort dringende onderhoud deur eienaar of agente. Ligging is goed, maar die plek kort dringende onderhoud. Stoel wat stuk...
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Jan Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 137

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Church Street, Hermanus Beach Club, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink House 12 Beach Club het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Ruim badkamer
Ruim slaapkamer
Vanaf R3 000
15 % AF
R 3 000 R 2 550
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R3 000
15 % AF
R 3 000 R 2 550
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R3 000
15 % AF
R 3 000 R 2 550
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Church Street, Hermanus Beach Club, Hermanus, 7200, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Facebook
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA84d5f2f359a97ba2efe3a63d61f164c2e141729830e0ef45038138f429fa62a08d658f9c5e46111e0705c048c4862ac272ae?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 000 nouVanaf R2 550 per nag (plek vir 6) 52 5 1 5 Church Street Hermanus Beach Club 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.436413760791 19.214718446033
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang