Itongasi Unit 14
4 gaste
1 slaapkamer
2 beds
1 badkamer
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 1 Kinderstrand Road, Glenmore Beach, 4279, KwaZulu-Natal Sien kaart
Beskrywing
Itongasi Unit 14 is 'n vakansiewoonstel op die tweede verdieping in 'n veilige kompleks 100 m vanaf Glenmore-strand in KwaZulu-Natal. Dis perfek vir 'n paartjie of 'n klein gesin wat op soek is na 'n bekostigbare strandverblyf.
Dié eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lei na 'n klein slaaparea met 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n eiland met stoele waar gaste maaltye kan geniet. Die leefarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV (gaste kan hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart, of WiFi-stokkie en TV-mediaboksie saambring om programme te stroom), en die skuifdeure lei na die balkon waar gaste die asemrowende see-uitsigte kan geniet.
Gaste het toegang tot die gedeelde kuierarea met 'n tafeltennis- en 'n pooltafel. Daar is ook gedeelde braaigeriewe op die onderste verdieping met 'n uitsig oor die see en gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Debbie Geverifieer
Eiendomme 15
Resensies 14
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 1 Kinderstrand Road, Glenmore Beach, 4279, KwaZulu-Natal
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
1 Kinderstrand Road, Glenmore Beach, 4279, KwaZulu-Natal
Sien kaart- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang