Jack's Place
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 540 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Jack's Place is 'n opgeknapte plaashuis in die lieflike Overberg naby Bredasdorp. Die huis is in 'n omheinde kamp waar elande, springbokke en zebras wei. Jack's Place is slegs 41 km vanaf De Hoop Natuurreservaat.
Jack's Place het 3 ruim slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed en die ander 2 enkelbeddens het. 2 ekstra gaste kan op die slaapbank in die sitkamer slaap. Die huis het 2 badkamers, een met 'n bad, stort, wasbak en toilet en die ander een met 'n stort, wasbak en toilet. Die uitsig van die voorste patio af is asemrowend.
Die braaigeriewe is op die voorste veranda waar jy en jou gesin of vriende lekker kan sit en braai. Die kombuis is volledig toegerus met alles wat nodig is vir basiese selfsorg. Die leefarea is die perfekte plek om te ontspan met 'n boek of van jou gunsteling-programme op die TV met DStv te kyk. Voertuie kan in die huis se oop motorhuis geparkeer word.
Gaste kan die sirkel-bergfietsroete van ongeveer 15 km aanpak. Voëlkykers kan verwag om meer as 75 voëlspesies, onder andere die visarend, te gewaar. Kinders kan in die rivier swem, met binnebande op die rivier baljaar of met 'n kano vaar. Die gastehuis is net 9 km van Bredasdorp af. Dié dorp spog met uitstekende restaurante en genoeg winkels waardeur jy kan gaan rondsnuffel. Gaan besoek gerus Kapula Candles, Julians Restaurant, Bredasdorp Square of die leefstylsentrum. Jack's Place is net 45 km van die De Hoop Natuurreservaat en die pragtige kusdorpie Arniston is ook om die draai.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Cecilia Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 119
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Gaste dink Jack's Place het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bredasdorp Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom