14 gaste
4 slaapkamers
13 beds
3 badkamers
- 14 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 12:00 - Jagersberg, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Jagersberg is op ’n Karoo-plaas naby die R361 tussen Carnavon en Vanwyksvlei, 60 km van Carnavon. Dit is die ideale verblyf vir gaste wat op soek is na 'n stil avontuur op 'n Karooplaas sonder tegnologie waar jy gehaltetyd saam met jou gesin, vriende of alleen kan deurbring.
Ons bied verblyf in 'n wonderlike our plaashuis met slaapplek vir 14 gaste. Die huis het 2 dubbelbeddens, 10 enkelbeddens, 1 bad, 3 storte en 3 toilette. Daar is ’n voorkamer met ’n kaggel wat die hele huis warm maak. Beddegoed en handdoeke word voorsien gedurende jou verblyf. Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof en 'n gasyskas met 'n vrieshokkie. Paraffienlampe voorsien beligting en gaswarmwatersilinders voorsien warm water. Buite is daar 'n stoep en 'n boma met ’n buite-stort en ablusiefasiliteit vir gaste wat verkies om te kamp.
Jagersberg bied onvergeetlike sonsopkomste en sonsondergange. Die gashere sal jou die beste plekke wys om 'n behoorlike Karoo-ervaring te beleef. Gaste kan gerus aan plaasaktiwiteite deelneem en daar is verskeie ander doendinge soos wildkyk, voëlkyk, kamp, rotskunskyk, voetslaan en bergfietsry. Bring asseblief jou eie bergfiets. Daar is ook oorgenoeg speelplek vir kinders.
Carnavon is in 'n pragtige deel van die Noord-Kaap met sy groot, oop vlaktes en duisende sterre in die naghemel geleë. Dit is waarlik sterrekyk op sy beste. Die beste tyd om dié area te besoek is van Maart tot November aangesien Januarie en Februarie ongemaklik warm kan raak.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Donald Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Jagersberg, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Gaste dink Jagersberg het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Jagersberg, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
Sien kaart- 14 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 12:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang