2 gaste
1 slaapkamer
1 bed
1 badkamer
- Slaapplek vir 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 48 Musson Street, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Jasmine Cottage is in die rustige woonbuurt Eastcliff, in die kusdorpie Hermanus geleë. Die dorp se natuurskoon, sagte klimaat, buitelugaktiwiteite, ryk blommeryk, en sy nabyheid aan Kaapstad maak dit die ideale basis vanwaar jy die Kaapse Overberg kan verken. Dit is stapafstand vanaf die middedorp, walviskykpunt, sportgronde, kuspaadjie en restaurante - daar is geen rede vir verkeersdruk of parkeerprobleme nie.
Die losstaande, 1-slaapkamer-eenheid is op die eienaars se perseel geleë en akkommodeer 2 volwassenes met 'n kind jonger as 2 jaar. Die slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, terwyl die en suite-badkamer met 'n stort toegerus is. Dit bied volkome privaatheid, 'n onstpanne en vriendelike atmosfeer, en al die nodige geriewe.
Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, tweeplaatstoof, broodrooster en ketel. Daar is ook 'n klein wasbak. In die sitkamer is daar 'n etenstafel met 2 stoele, 'n rusbank, boeke en 'n TV met Netflix en YouTube. Ander geriewe in die eenheid sluit gratis en vinnige WiFi, 'n privaat tuin, 'n braai-area en veilige parkeerplek in. Daar is geen wasmasjien nie, maar daar is 'n wassery naby waar gaste hul wasgoed heen kan neem.
Die eenheid het 'n veiligheidshek en alle vensters is toegerus met diefwering. Daar is ook kringtelevisiekameras by die ingang vanaf die straat.
Met vinnige WiFi is dit ideaal vir digitale nomades of enigiemand wat verbind wil bly terwyl hulle 'n rustige wegbreek geniet. Die strand is net 8-minute se ry weg - die perfekte kombinasie van afsondering en toeganglikheid.
Daar is ook twee sportsentrums naby indien jy nie jou oefenprogram wil onderbreek nie, selfs kan jy net om die draai stap vir daardie vroegoggend padel potjie. Dit is ideaal vir 'n paartjie of solo reisigers.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Marinda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 48 Musson Street, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Jasmine Cottage - Vinnige WiFi, stadige leefstyl het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
48 Musson Street, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang