Kara Mia
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wallersstraat 51, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Kara Mia is in Bettysbaai geleë en bied gehalteverblyf vir 'n paartjie. Dit is lekker naby talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.
Die woonstel op 'n woonerf het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. 'n Waaier is beskikbaar, en linne en handdoeke word voorsien. 'n Verwarmer is beskikbaar gedurende die winter.
Die kombuis is met 'n dubblewasbak, tweeplaatstoof, oondjie, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.
Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Gaste kan ook van die gratis WiFi gebruik maak. Daar is ’n TV in die sitarea, asook lieflike ingeboude braaigeriewe in die braaikamer. Dit bied uitsigte oor die see en daar is tuinmeubels.
Die woonstel het 'n alarmstelsel wat aan gewapende reaksie gekoppel is en gaste het toegang tot veilige parkeerplek in 'n motorhuis.
Die woonstel is naby die strand en oorkant die Stoney Point Natuurreservaat geleë waar die bedreigde brilpikkewyne te sien is. Dit is ook naby Silver Sand en Main Beach. Daar is ’n restaurant in die reservaat. Die woonstel is nie diere-vriendelik nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Hennie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 111
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Wallersstraat 51, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Gaste dink Kara Mia het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bettysbaai Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wallersstraat 51, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang