9 gaste
3 slaapkamers
7 beds
4 badkamers
- 9 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Leeurivier Farm, Theekloof Road, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Leeurivier Veldhuis is 'n ongekunstelde selfsorgplaashuis 50 km suid van Beaufort-Wes. Die huis bied slaapplek aan 'n groep van 9 gaste om die oop Karoo-vlaktes te kom geniet.
Dié huis maak van gas en sonkrag gebruik en beskik oor 3 slaapkamers en oorgenoeg ablusiegeriewe. Die hoof- en derde slaapkamer het elkeen 1 enkelbed en 1 koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens. Daar is 'n badkamer met 'n stort en 'n bad en 3 aparte toilette. Die oopplan-kombuis is met 'n dubbeldeur-yskas, 'n gasstoof, 'n oond, genoeg kookgerei en potte toegerus.
Die leefarea sluit 'n kroeg, 'n groot etenstafel met stoele en 'n kaggel in. Buite is daar 'n grasperk met 'n braai en 'n onderdakarea met 'n ekstra ingeboude braai.
Die verblyf is tussen 2 droë rivierlope in 'n groot wildkamp geleë en spog met 'n indrukwekkende verskeidenheid wildspesies, insluitend kameelperde, sebras, koedoes, elande, swartwitpense, gemsbokke, blouwildebeeste, rooihartbeeste, blesbokke, springbokke, duikers, steenbokke, volstruise en kleiner wildspesies soos hase en muishonde.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Antonia Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 31
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Leeurivier Farm, Theekloof Road, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
- Gaste dink Leeurivier Veldhuis het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Leeurivier Farm, Theekloof Road, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
Sien kaart- 9 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang