6 gaste
2 slaapkamers
4 beds
3 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 8 Onzerust Avenue, Hartenbos, 6510, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Lekker Rus in Hartenbos is 'n lieflike selfsorg-eenheid met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in Hartenbos. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige en gerieflike tuisbasis vanwaar hulle die omliggende geriewe kan geniet.
Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed. Die eerste slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die gedeelde badkamer het 'n stort en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. In die leefarea is daar 'n enkelslaapbank met 'n uittrekmatras vir 2 gaste. Die eet- en sitareas het gemaklike sitplek en daar is 'n TV. WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n binnebraai en veilige parkeerplek op die perseel. Daar is ook geslotekrintelevisiekameras buite die eenheid. Hierdie verblyf is naby al die plaaslike geriewe, soos winkels en restaurante. ATKV Hartenbos en Hartenbosstrand is ongeveer 1,4 km ver.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 8 Onzerust Avenue, Hartenbos, 6510, Wes-Kaap
- Gaste dink Lekker Rus in Hartenbos het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
8 Onzerust Avenue, Hartenbos, 6510, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang