+44

Little Lammas

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Doloriet Farm, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R2 850 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Little Lammas is op 'n plaas sowat 8 km vanaf Clarens naby verskeie aktiwiteite en besienswaardighede geleë en bied gehalteverblyf in 'n rustige omgewing.

Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak en daar is nog 'n aparte gastetoilet. Albei slaapkamers het paneelverwarmers en linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Die sitarea het oorgenoeg sitplek en 'n kaggel. Die eerste sak hout word voorsien, maar daarna moet gaste hul eie hout koop.

'n Rusbank is in die sonkamer beskikbaar wat ekstra slaapplek aan 'n kind bied, maar gaste moet hul eie beddegoed hiervoor saambring. Daar is ook 'n slim-TV en WiFi. Gaste kan hul eie intekenbesonderhede gebruik om Netflix en DStv te kyk.

Weber-braaigeriewe is beskikbaar en klein honde word toegelaat indien dit vooraf gereël word.

Die plaas het 'n dam waar gaste op 'n vang-en-vrylaat-basis kan visvang. 'n Omsetter voorsien rugsteunkrag tydens beurtkrag.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 69 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Carine P
Saam met lewensmaat
5.0
Ons verblyf was asemrowend, die huis is pragtig en die uitsig net so mooi. Heerlik gekuier, mooiste huisie, perfek, met die mooiste uitsig.
Nov 2025
Annelie S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties! Ongelooflike mooi plek! Rustig - sielskos beslis. Dit het heerlik gereën en dis presies wat ons nodig gehad het om te ontlaai. Netflix gek...
Sien meer
Okt 2025
Thys S
5.0
Open, airy, fresh and beautiful. Just what's needed to unwind and relax. The cottage is beautiful, open and airy with a stunning view f...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Willem D
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi uitsig, lekker kaggel en rus en vrede. Ongelooflike uitsig en stilte! Baie ontspannend!
Sep 2025
Yolande V
Saam met lewensmaat
5.0
Die huisie was perfek. Die spasie en uitkyk na die berge was so mooi. Die huisie. Ons het dit verskriklik geniet!
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Franlize Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 241

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Doloriet Farm, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Little Lammas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 850
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 850
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 2 850
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Doloriet Farm, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb89fa50e0cfd7a4e86a5bf6b0bfa15baa1e13f0fc001c90da84c1baf74629c42edd7bfd407ad92ec3f98d0c1becd9f0c8ad8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 850 per nag, vir 4 mense 69 5 1 5 Doloriet Farm Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.552557608544 28.475254968609
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang