+51

Melkboom Self-Catering Villa

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 23 Seaview Drive, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 600 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Melkboom is 'n selfsorgvakansiehuis wat net 10 m van die see af is in Franskraal in Gansbaai. Dis perfek vir 'n groep vriende of 'n groot gesin op soek na 'n rustige wegbreekplek met luisterryke uitsigte oor die oseaan en verskeie aktiwiteite in die omgewing.

Die huis beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers en daar is 'n addisionele woonstel met slaapplek vir 2 ekstra mense. Die slaapkamers is ruim en toegerus met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en die badkamers het elk 'n stort of 'n bad met 'n wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis is ten volle toegerus om maaltye voor te berei en beskik oor geriewe soos 'n yskas en 'n mikrogolfoond, 'n gasstoof, elektriese oond, oorgenoeg ingeboude kaste en ander toebehore.

Die oopplan-sitkamer en -eetkamer het 'n groot eetkamertafel en -stoele, netjiese sitplek in die sitkamer en vloer- tot plafon-vensters wat ongelooflike see-uitsigte bied. Die TV-kamer het 'n groot platskerm-TV met 'n volle DStv-pakket en dit grens aan die eetkamer. Melkboom het 'n lekker braai in die agtertuin vir daardie aande wat jy nie lus is vir kosmaak nie.

Daar is 'n dubbelmotorhuis vir voertuie beskikbaar. Gaste sal van die patio af kan kyk hoe walvisse gedurende die seisoen in die branders baljaar. Boonop is daar 'n hele rits doendinge binne 'n paar minute se ry van Melkboom af. Dit sluit in: snorkel, voetslaan, visvang op die rotse, inkopies, restaurante en dag-uitstappies na omliggende areas.

Kamer-opset

6 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 69 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Michelle D
Saam met vriende
5.0
Perfect stay! Great stay. Everything was perfect. Thank you, Jan, for your hospitality and assisting in making our stay great.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2025
Heather K
Saam met vriende
5.0
Great stay, good view, well-equipped house. A lovely place for a large group of friends or family. Right across from the ocean, so it h...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2025
Rajesh D
Gesin met tieners
5.0
Very pleasant. It was great and wonderful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Nienke G
Saam met vriende
5.0
Mooi plek met pragtige uitsig! Ons het heerlik gebly. Fasiliteite baie goed. Pragtige uitsig. Gasheer se verwelkoming was warm, vriendelik en behulpsa...
Sien meer
Okt 2025
Pieter D
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het baie lekker gekuier. Fantastiese plek. Daar is alles wat 'n mens nodig het en nog meer. Is sekerlik die beste plek waar ek nog in gebly het me...
Sien meer
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Jan Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 236

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 23 Seaview Drive, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Melkboom Self-Catering Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 5 600
per nag (plek vir 12)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 600
per nag (plek vir 12)
Vanaf
R 5 600
per nag (plek vir 12)
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 23 Seaview Drive, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEzNDMyYmQ0LTc0ZjktNDg0Ny05ZjVhLTgxNzQwYjFlZmQwMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 600 per nag, vir 12 mense 69 5 1 5 23 Seaview Drive Franskraal 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-20:00 10:00 -34.611877295266 19.379401355982

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang